<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="research-article" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">SATNT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0254-3486</issn>
<issn pub-type="epub">2222-4173</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">SATNT-35-1395</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/satnt.v35i1.1395</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Oorspronklike Navorsing</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Onderrig van Generasie Y</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<name>
<surname>Venter</surname>
<given-names>Elza</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Psychology of Education, University of South Africa, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Elza Venter, <email xlink:href="ventee1@unisa.ac.za">ventee1@unisa.ac.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>03</day><month>11</month><year>2016</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2016</year></pub-date>
<volume>35</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>1395</elocation-id>
<history>
<date date-type="received"><day>06</day><month>05</month><year>2016</year></date>
<date date-type="accepted"><day>24</day><month>08</month><year>2016</year></date>
</history>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2016. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2016</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
<abstract>
<p>Generasie Y-leerders is jongmense wat ongeveer tussen 1977 en 2000 gebore is. Hierdie leerders het voor skerms grootgeword, ongeag of dit televisie-, rekenaar- of selfoonskerms was. Hulle is gebore in &#x2019;n samelewing waar inligting, opvoeding en vermaak net &#x2019;n klik ver was. Navorsers meen dat di&#x00E9; leerders se kritiese denke en ander kognitiewe vaardighede geaffekteer is omdat hulle &#x2019;n aansienlike hoeveelheid tyd daaraan bestee het om woorde en beelde passief te absorbeer, eerder as om met insig te lees. Leerders uit die generasie is dikwels ongemotiveerd en onbetrokke by hul eie leerervaring omdat hulle hul gelyktydig op &#x2019;n menigte digitale toestelle vermaak, terwyl die opvoeder hulle aandag probeer kry. Hulle verkies multitaakverrigting eerder as om op een taak of persoon op &#x2019;n slag te fokus en stel dikwels meer belang in wat op die skerm voor hulle aangaan as in wat die onderwyser hulle kan bied. Opvoeders op sekond&#x00EA;re en tersi&#x00EA;re vlak moet kennis hiervan neem en opnuut dink oor hulle onderrig- en leerstrategie&#x00EB;. Die klem in hierdie navorsing val op leerders, studente en opvoeders op sekond&#x00EA;re en tersi&#x00EA;re vlak. Die navorsing is deur die toepassing van &#x2019;n literatuuroorsig gedoen. Die hoofnavorsingsvraag van die studie is: &#x2018;Hoe kan Generasie Y-leerders beter deur opvoeders by hulle eie leer in die klaskamer of lesinglokaal betrek word?&#x2019; Die twee subvrae is: (1) &#x2018;Wat is sommige van die eienskappe van Generasie Y-leerders wat leer be&#x00EF;nvloed?&#x2019; en (2) &#x2018;Watter onderrigstrategie&#x00EB; kan gebruik word om Generasie Y-leerders meer by hulle eie leer te betrek?&#x2019; Die outeur van hierdie artikel wil poog om opvoeders deur die literatuurstudie van riglyne in hierdie verband te voorsien.</p>
</abstract>
<trans-abstract xml:lang="en">
<p><bold>Teaching Generation Y.</bold> Generation Y learners are those young people born more or less between 1977 and 2000. Different authors call this generation by different names. The author of this article prefers the term &#x2018;Generation Y&#x2019;. Learners from Generation Y were born into the age of digital information where information, education and entertainment were just a click away. Members of Generation Y use various electronic devices simultaneously for learning and entertainment purposes. Learners from this generation are often unmotivated and disengaged from their own learning experience because they are entertaining themselves simultaneously on a multitude of digital devices, whilst the educator is trying to get their attention. Generation Y prefers multitasking to focussing on one task or person at a time and are often more interested in what is happening on the screen before them than getting involved in their own learning. This generation works well in groups. They embrace recognition and crave instant gratification and feedback on work well done. Educators have to think of teaching and learning strategies to engage them in their own learning by <italic>inter alia</italic> making use of digital and electronic technology. Schools and tertiary institutions are often stuck in the previous century whilst learners keep up with technological changes. Educators at secondary and tertiary level need to re-think their teaching and learning strategies to make learning relevant and interesting for learners. In this research, the emphasis is on learners and students as well as educators at secondary and tertiary level. The research was done by applying a literature review. In line with the preceding discussion, the main research question of this literature study is &#x2018;How can educators get Generation Y learners more engaged in their own learning in the classroom or lecture room?&#x2019; The two sub questions are: (1) &#x2018;What are some of the characteristics of Generation Y that influence learning?&#x2019; and (2) &#x2018;What teaching strategies can be used to get Generation Y learners more engaged in their own learning?&#x2019; The author of this article will endeavour to give guidelines to educators in this regard by means of the literature study.</p>
</trans-abstract>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Inleiding</title>
<p>Lede van Generasie Y is in die eeu van digitale inligting gebore. Hulle word dikwels beskryf as rusteloos, verveeld en onbelangstellend in hulle eie leer omdat hulle dit moeilik vind om op een kwessie of persoon te konsentreer (Eisner <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2011</xref>:69; Nagy <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2012</xref>:98). Leerders uit hierdie generasie is partykeer ongemotiveerd en onbetrokke by die leerervaring omdat hulle hulself gelyktydig met &#x2019;n menigte digitale toestelle vermaak, terwyl die opvoeder hulle aandag probeer kry. Hierdie generasie is gebore met &#x2018;&#x2026; <italic>the Internet, PCs/Macs, video games, Facebook, My Space, Twitter, Flickr, Skype, iPods, iPhones, PDAs, and TV/DVD remotes as appendages to their bodies</italic>&#x2019; (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:4). Lede van Generasie Y gebruik verskeie elektroniese toestelle gelyktydig vir leer- en vermaakdoeleindes. Hulle verkies multitaakverrigting eerder as om op een taak of persoon op &#x2018;n slag te fokus en stel dikwels meer belang in wat op die skerm voor hulle aangaan as in wat die opvoeder hulle kan bied (Reilly <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">2012</xref>:2). Generasie Y is dus gewoond daaraan om elektronies gekoppel te wees (<italic>connectivity</italic>): hulle is tuis in skynw&#x00EA;relde (<italic>virtual worlds</italic>) via die w&#x00EA;reldwye web en verskeie sosiale netwerke. Multitaakverrigting is vir hulle maklik en hulle werk goed in groepe saam. Hulle streef na erkenning en onmiddellike bevrediging en terugvoer oor werk wat goed gedoen is (Eisner <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2011</xref>:69&#x2013;70; Nagy <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2012</xref>:98). Opvoeders moet di&#x00E9; eienskappe van Generasie Y in gedagte hou en dink aan strategie&#x00EB; om hulle by klaskameraktiwiteite te betrek en &#x2019;n positiewe leeromgewing te skep (Eisner <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2011</xref>:69; Nagy <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2012</xref>:98) deur onder meer gebruik te maak van digitale en elektroniese tegnologie.</p>
<p>Volgens Prensky (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0025">[2005]2006</xref>:8; Black <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2010</xref>:94&#x2013;95) het leerders die 21ste eeu met oorgawe binne gestorm, terwyl skole en tersi&#x00EA;re inrigtings in die vorige eeu vassit. Di&#x00E9; inrigtings moet egter poog om leer vir leerders relevant te maak en om hul belangstelling in die leerproses wakker te maak en te behou. In ooreenstemming met die voorafgaande bespreking, is die hoofnavorsingsvraag van di&#x00E9; literatuurstudie die volgende: &#x2018;Hoe kan Generasie Y-leerders beter deur opvoeders by hulle eie leer in die klaskamer en lesinglokaal betrek word?&#x2019; Die twee subvrae is: (1) &#x2018;Wat is sommige van die eienskappe van Generasie Y-leerders wat leer be&#x00EF;nvloed?&#x2019; en (2) &#x2018;Watter onderrigstrategie&#x00EB; kan gebruik word om Generasie Y-leerders beter by hulle eie leer te betrek?&#x2019;</p>
</sec>
<sec id="s0002">
<title>Generasie Y</title>
<p>Volgens Berk (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:4) verskil outeurs se definisie oor wanneer hierdie generasie gebore is, maar daar word algemeen aanvaar dat dit tussen 1982 en 2003 was. Codrington en Grant-Marshall (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2004</xref>) gee byvoorbeeld die datums aan vir milleni&#x00EB;rs (<italic>millenials</italic>) tussen 1980 en 2000, terwyl Howe en Strauss (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0014">2000</xref>) die geboortedatums 1982 tot 2001 gebruik. Verskillende outeurs gebruik ook verskillende benaminge vir die generasie. Howe en Strauss (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0014">2000</xref>) noem hulle byvoorbeeld milleni&#x00EB;rs (<italic>millenials</italic>). Die term &#x2018;Generasie Y&#x2019; (<italic>Generation Y</italic>) is vir die eerste keer in die hoofartikel van <italic>The Age</italic> deur Nadar (2003) gebruik. Generasie Y word hoofsaaklik gebruik om die generasie aan te dui wat op Generasie X volg. Tapscott (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0028">1998</xref>) het die begrip netgenerasie (<italic>net generation</italic>) geskep, wat hierdie jongmense verbind aan die opkomende tegnologie&#x00EB; waarmee hulle grootgeword het. Die term digitale burgers (<italic>digital natives</italic>) is deur Prensky (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2001</xref>) geskep omdat &#x2018;digitaal&#x2019; die jongmense se moedertaal is (Tonsing &#x0026; Myburgh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0030">2008</xref>:29). Die outeur van hierdie artikel verkies die term &#x2018;Generasie Y&#x2018;.</p>
<p>Dit is belangrik om in gedagte te hou dat nie alle Generasie Y-leerders in die &#x2018;gietvorm&#x2019; vir die spesifieke generasie waarin hulle gebore is, pas nie. Helsper en Enyon (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">2009</xref>), asook Koutropoulos (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">2011</xref>:526) voer aan dat nie elke persoon wat in &#x2019;n spesifieke tydsraamwerk gebore is, noodwendig dieselfde generasie-eienskappe toon nie omdat die konteks waarin mense grootword, die historiese agtergrond en die sosio-ekonomiese status van individue &#x2019;n belangrike rol speel. Opvoeders moet kennis dra van individue se blootstelling aan en ervaring van digitale tegnologie&#x00EB; voordat hulle algemene generasie-eienskappe gebruik om spesifieke onderrig- en leerstrategie&#x00EB; te ontwikkel, maar hulle moet leerders nogtans blootstel aan strategie&#x00EB; wat aanpas by die tendense in die globale w&#x00EA;reld. Die outeur van hierdie artikel gebruik die meer generiese definisie van Generasie Y en die meer veralgemeende eienskappe van hierdie generasie om onderrigstrategie&#x00EB; aan te beveel, maar dit bly die perogatief van die opvoeders om &#x2019;n keuse uit te oefen oor watter strategie&#x00EB; hulle leerders sal motiveer tot leer.</p>
<p>Die betrokke generasie bestaan uit leerders en studente op skool- en tersi&#x00EA;re vlak, asook jong werkende persone. In di&#x00E9; studie val die klem op leerders en studente op sekond&#x00EA;re en tersi&#x00EA;re vlak, maar om die vloei van die artikel te verbeter word slegs die begrippe &#x2018;leerder&#x2019; en &#x2018;opvoeder&#x2019; in die bespreking van die literatuurstudie gebruik.</p>
</sec>
<sec id="s0003">
<title>Motivering vir leer en betrokkenheid by die leerproses</title>
<p>Betrokkenheid by die leerproses is &#x2019;n komplekse en veelvlakkige metakonsep (Kahu <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">2013</xref>:758), hoewel die algemene definisie sal verwys na hoe betrokke of ge&#x00EF;nteresseerd leerders in hulle eie leer is en hoe verbonde (<italic>connected</italic>) hulle aan hul klasse en aan mekaar is (Axelson &#x0026; Flick <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2010</xref>:38). Een van die omvattendste studies oor motivering en betrokkenheid is deur Fredericks, Blumenfeld en Paris (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2004</xref> in Paul <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2014</xref>:4) gedoen. Hulle bespreek drie dimensies van betrokkenheid, naamlik gedrags-, emosionele en kognitiewe betrokkenheid. Kahu (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">2013</xref>:758&#x2013;759) verdeel hierdie drie dimensies in vier benaderings, naamlik die gedragsperspektief wat fokus op effektiewe onderrigpraktyk; die sielkundige perspektief wat betrokkenheid beskou as &#x2019;n interne proses; die sosio-kulturele perspektief met die klem op die sosio-kulturele konteks; en dan die holistiese benadering wat al di&#x00E9; perspektiewe probeer saamtrek. Dit is belangrik dat onderrigstrategie&#x00EB; met die genoemde dimensies en benaderings ooreenstem om Generasie Y-leerders ten volle by die leerproses te betrek.</p>
<p>Leerderbetrokkenheid beteken nie bloot klasbywoning en reaksie in die klas nie; dit beteken dat leerders hulle in lesse verdiep en aktief deelneem, asook dat hulle by die lesinhoud betrokke is. Leerders moet besef dat hulle suksesvol in hulle eie leer kan wees (Paul <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2014</xref>:4). As onderrigstrategie&#x00EB; ooreenkomstig met die eienskappe van Generasie Y ontwikkel word, sal die waarskynlik help om leerders by hulle eie leerproses te betrek. &#x2019;n Studie deur Paul (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2014</xref>:8) dui daarop dat die meeste Generasie Y-leerders &#x2019;n praktiese of persoonlike benadering tot lesings met &#x2019;n ho&#x00EB; vlak van visuele stimulasie en &#x2019;n verskeidenheid onderrigmetodes verkies. Leerderbetrokkenheid is dus &#x2019;n multidimensionele konstruk wat aktiewe leer en samewerking insluit. Leerders wat deelneem aan klasbesprekings en klasaanbiedinge, asook met hulle opvoeders kommunikeer, sal hulle kennis en vaardighede ontwikkel en verryk (Beran <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">2009</xref>:4) en sodoende hopelik meer betrokke by hulle eie leerproses raak.</p>
</sec>
<sec id="s0004">
<title>Eienskappe van Generasie Y wat onderrig en leer be&#x00EF;nvloed met toepaslike onderrigstrategie&#x00EB;</title>
<p>Die opvoeders wat Generasie Y-leerders onderrig, word dikwels &#x2018;digitale immigrante&#x2019; (<italic>digital immigrants</italic>) genoem, omdat &#x2018;digitaal&#x2019; hulle tweede taal is en hulle glo nie gemaklik is om dit in hulle onderrig te gebruik nie (Tapscott <xref ref-type="bibr" rid="CIT0029">2009</xref>; Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:6). Opvoeders moet nogtans op hoogte bly van die jongste tegnologie&#x00EB; en die belangstellings van hulle leerders ten einde onderrigstrategie&#x00EB; dienooreenkomstig aan te pas. Volgens Codrington en Grant-Marshall (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2004</xref>:111&#x2013;112) is dit moeilik om Generasie Y te onderrig weens die veelvuldige intelligensies (volgens Gardner) en leerstyle van leerders. Prensky (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2001</xref>:1) noem verder dat hedendaagse leerders baie anders is as die leerders vir wie die onderwysstelsel ontwerp is. Generasie Y-leerders stel opvoeding hoog op prys, maar hulle leer anders as vorige generasies. Hulle neem onder meer bewuste besluite oor watter leerstyle hulle die beste pas. Hulle verkies oor die algemeen aktiewe, betrokke leer in selfgerigte, onafhanklike en interaktiewe omgewings. Ondersoekgebaseerde, praktiese benaderings met onmiddellike terugvoer word verkies bo lesingtipe onderrig (Barnes, Marateo &#x0026; Ferris <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2007</xref>). Leerders heg nie waarde aan tradisionele lesingstylonderrig of stap-vir-stap-instruksies nie; hulle het voortdurende uitdagings, stimulasie en motivering nodig om by hulle eie leer betrokke te bly (Paul <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2014</xref>:1). Volgens Oblinger en Oblinger <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2005</xref> (in Black <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2010</xref>:99; 100), word die leer van Generasie Y &#x2018;bemiddelde verdieping&#x2019; (<italic>mediated immersion</italic>) genoem, waar tegnologie &#x2019;n belangrike rol speel en leerders gesamentlik meewerk as &#x2019;n groep. Lesings en onderrigmateriaal moet onder meer aangevul word met aanlyn materiaal en aktiwiteite. Leerkontekste moet realisties wees en simulasies insluit. Leerders moet sowel inligtingsoekers en -evalueerders as probleemoplossers en besluitnemers word (bl. 100).</p>
<p>Opvoeders moet dus by die eienskappe van Generasie Y aanpas om leerders by hulle eie leer te betrek. Leerders beskou opvoeders nie meer as die draers van alle kennis nie, maar bloot as fasiliteerders van leer in &#x2019;n leerdergesentreerde omgewing waar spanwerk &#x2019;n belangrike rol speel. In die klaskamer- of lesinglokaalomgewing het die klem vir hierdie generasie van onderrig na leer verskuif.</p>
<p>Berk (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>) het eienskappe van Generasie Y opgesom wat uit verskillende bronne verkry is en wat belangrik is wanneer onderrigstrategie&#x00EB; oorweeg word. Die outeur het sommige van hierdie eienskappe gebruik, maar dit uit verskeie ander bronne aangevul. Di&#x00E9; eienskappe sluit die volgende in:</p>
<sec id="s20005">
<title>Kennis van tegnologie</title>
<p>Generasie Y het tegnologie in hulle DNS. Hulle is nooit ontkoppel van hul digitale toestelle nie (Richardson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">2011</xref>:19). Prensky (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2001</xref>) verwys na hierdie generasie as &#x2018;digitale burgers&#x2019; (<italic>digital natives</italic>) omdat hulle so gemaklik met tegnologie omgaan en sterk op inligtingstegnologie staatmaak. Generasie Y-leerders ken &#x2019;n menigte digitale toestelle deur en deur. Hulle weet hoe om hierdie toestelle te manipuleer en vir sosiale en vermaakdoeleindes te gebruik. Die leerders weet egter nie altyd hoe om hulle toestelle te gebruik om spesifieke inligting te kry of hoe om die inligting vir leerdoeleindes te evalueer en te gebruik nie. Oblinger (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">2003</xref>) voeg by dat di&#x00E9; generasie eerder inligting op die web sal soek as om &#x2019;n handboek te lees (Reilly <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">2012</xref>:4); hulle het dus inligtings- en kritiese denkvaardighede nodig om tussen materiaal wat betekenisvol en ander wat ontoepaslik is op die web te besluit.</p>
<p>Generasie Y word ook soms die &#x2018;Google-generasie&#x2019; genoem, want sodra &#x2019;n vraag opduik, raadpleeg hulle een van talle soekenjins om die antwoord te kry. Hulle oorskat dikwels die betroubaarheid van hierdie soekenjins en hulle eie vermo&#x00EB; om vinnig betroubare antwoorde te kry, en wanneer hulle die inligting vind, sukkel hulle om dit krities te evalueer en te verwerk. Inligtingsgeletterdheid en kritiese denke ontbreek dikwels (Oblinger &#x0026; Hawkins <xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">2006</xref>; Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:9; Barnes, Marateo &#x0026; Ferris <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2007</xref>).</p>
<p>Indien lesingtipe aanbiedinge as die hoofonderrigmetode gebruik word, sal Generasie Y-leerders moontlik nie by leer betrek word nie. Opvoeders moet multimedia saam met lesingtipe aanbiedinge gebruik (Eckleberry-Hunt &#x0026; Tucciarone <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">2011</xref>:458). Hulle moet nuwe tegnologie&#x00EB; by die ontwerp van werkopdragte, aktiwiteite en die demonstrasie van praktiese werk toepas. Praktiese onderrig met simulasies kan baie nuttig wees. Video- en YouTube-grepe, <italic>blogs</italic>, <italic>wiki</italic>&#x2019;s, soekenjins en navorsingsdatabasisse sal leerders se aandag hou. Interessante PowerPoint-aanbiedings wat video- of YouTube-grepe insluit, sal leerders ook ge&#x00EF;nteresseerd in die leerervaring hou. Talle leerders maak op soekenjins staat om inligting vir werkopdragte te vind, maar hulle beskik nie oor die kritiese en analitiese vaardighede om die inligting te evalueer nie. Opvoeders moet leerders leer hoe om soekenjins en ander tegnologie&#x00EB; vaardig te gebruik en hoe om inligting met behulp van kritiese denkvaardighede te evalueer (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:14; Black <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2010</xref>:98; Reilly <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">2012</xref>:4; Eckleberry-Hunt &#x0026; Tucciarone <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">2011</xref>:458).</p>
</sec>
<sec id="s20006">
<title>Gebruik van multimedia en multitaakverrigting</title>
<p>Multitaakverrigting met multimedia maak &#x2019;n integrale deel van Generasie Y-leerders se lewes uit; gevolglik raak hulle maklik verveeld in &#x2019;n tradisionele klaskamer met tradisionele onderrigstrategie&#x00EB;. Weens multitaakverrigting het hierdie generasie ook &#x2019;n kort aandagspan (Barnes, Marateo &#x0026; Ferris <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2007</xref>). Hulle is gewoond daaraan om deur verskillende soorte digitale media vermaak te word &#x2013; dikwels tegelykertyd. Omdat televisies, rekenaars, MP3-spelers, selfone en kitsboodskappe &#x2019;n integrale deel van die generasie se lewes uitmaak, het hulle die kuns van multitaakverrigting bemeester (McAlister <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">2009</xref>:14). Hulle kombineer spel en skool maklik: hulle sal huiswerk doen terwyl hulle terselfdertyd die sosiale media dophou wat hulle gebruik, e-posse beantwoord en met &#x2019;n vriend op &#x2019;n slimfoon gesels (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:11). Hulle hou van die spoed en toeganklikheid van musiek, video&#x2019;s en speletjies, asook die gerief van verskeie kommunikasiemoontlikhede deur middel van elektroniese media. Hulle beweeg ook gemaklik tussen werklike en skynw&#x00EA;relde (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:10). Hulle fokus dus selde op slegs een taak of kwessie, wat problematies kan wees wanneer hulle spesifieke inligting in diepte moet verwerk. Hulle verkies parallelle verwerking van inligting uit verskeie bronne. Hulle is gewoond daaraan om inligting te gebruik wat hulle lukraak ingesamel het, in plaas van om inligting deur lini&#x00EA;re denke te verwerk (Eisner <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2011</xref>:70).</p>
<p>Omdat Generasie Y gewoond daaraan is om inligting uit verskeie bronne bymekaar te maak, verkies hulle om multimedia vir leer te gebruik (Nagy <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2012</xref>:98). Hulle gebruik dikwels &#x2019;n menigte digitale media gelyktydig. Hoewel hierdie generasie die vermo&#x00EB; het om terselfdertyd SMS&#x2019;e te stuur, te gesels, huiswerk te doen en na musiek te luister, beteken dit nie dat hulle die inligting wat hulle veronderstel is om te leer doeltreffend onthou terwyl hulle verskeie lae onverwante inligting verwerk nie. Langtermyngeheue bly dikwels in die slag tydens multitaakverrigting (McAlister <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">2009</xref>:15).</p>
<p>Opvoeders kan musiek, video&#x2019;s en speletjies met sukses gebruik om leerders aan die leermateriaal bekend te stel omdat hulle gewoond is daaraan om &#x2019;n verskeidenheid digitale media in hulle daaglikse lewes te gebruik. Daar behoort egter re&#x00EB;ls oor multitaakverrigting in die klas te wees. Opvoeders kan soms op die volle aandag van leerders sonder enige digitale media aandring (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:14; Eckleberry-Hunt &#x0026; Tucciarone <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">2011</xref>:459). Leerders moet leer om spesifieke inligting in diepte te verwerk sonder om deur hulle opvoeders vermaak te word. Opvoeders moedig dikwels die gebruik van multimedia in die leerproses aan, maar versuim om leerders die voordele te leer van om stadiger te werk, te fokus en diep oor materiaal na te dink. Leerders moet leer om onafhanklik te dink, op leermateriaal te fokus en hulle idees omtrent hierdie leermateriaal duidelik (Barnes <italic>et al</italic>. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2007</xref>) aan ander leerders en hulle opvoeders te kommunikeer. Opvoeders moet &#x2019;n balans vind tussen die vermaak van leerders op digitale wyse en om hulle sover te kry om op spesifieke leermateriaal te fokus wat hulle moet internaliseer. Tegnologievrye tyd met selfbepeinsing, byvoorbeeld deur kreatiewe aktiwiteite, kan by onderrigstrategie&#x00EB; vir hierdie generasie gevoeg word (Eckleberry-Hunt &#x0026; Tucciarone <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">2011</xref>:459).</p>
</sec>
<sec id="s20007">
<title>Skep van internetinhoud</title>
<p>Generasie Y skryf <italic>blogs</italic>, ontwerp webblaaie, dateer hulle profiele op sosiale netwerke op en laai video&#x2019;s op YouTube (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:10). Hulle weet hoe om &#x2019;n menigte tegnologie&#x00EB; te skep, te gebruik en te manipuleer. Leerders moet die geleentheid kry om kreatief by te dra tot <italic>wiki</italic>&#x2019;s en <italic>blogs</italic> en om YouTube-video&#x2019;s en potgooie (<italic>podcasts</italic>) oor hulle leerinhoud te maak (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:14). Hulle sal dikwels baie moeite doen en behoorlik by die leerproses betrokke raak as hulle ervaar dat opvoeders hulle kreatiewe vermo&#x00EB;ns gebruik. Opvoeders moet ook leer hoe om internetinhoud vir onderrigdoeleindes te skep met behulp van <italic>blogs</italic>, video&#x2019;s of potgooie om hulle leerders se aandag te behou.</p>
</sec>
<sec id="s20008">
<title>Gebruik die spoed van digitale toestelle en soekenjins</title>
<p>Generasie Y-leerders weet hoe om inligting vinnig en maklik te kry (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:10). Hulle gebruik bloot &#x2019;n soekenjin soos Google om enige inligting wat hulle nodig het in &#x2019;n rekordtyd te vind. Die uitdaging is egter om hierdie generasie oor te haal om by leermateriaal betrokke te raak en dit in diepte te leer. Opvoeders moet Generasie Y-leerders by hulle eie leer betrek deur deelnemende leer teen hulle eie spoed om te verhoed dat hulle verveeld raak (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:14). Omdat hierdie leerders &#x2019;n kort aandagspan het weens die spoed waarteen hulle inligting kry, moet opvoeders &#x2019;n verskeidenheid onderrigstrategie&#x00EB; gebruik om leerders op spesifieke leermateriaal gefokus te hou (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:15). Leerders moet egter ook terselfdertyd leer dat spoed nie noodwendig diepgaande leer beteken nie.</p>
</sec>
<sec id="s20009">
<title>Kinestetiese en visuele leerders</title>
<p>Generasie Y verkies om te leer deur te doen. Hulle wil nie hul tyd bestee aan die lees van boeke nie, en wil ook nie voorges&#x00EA; word wat hulle moet doen nie. Hulle is kinestetiese, praktiese leerders wat deur ervaring leer. Hulle moet betrek word by die leerproses met eerstehandse leer deur byvoorbeeld speletjies, simulasies en rolspel (Junco &#x0026; Mastrodicasa <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2007</xref>; Oblinger &#x0026; Oblinger <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2005</xref> in Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:10). Simulasies van die werklike w&#x00EA;reld, asook skynwerklikheid (<italic>virtual reality</italic>) met <italic>avatars</italic> spreek tot hierdie generasie (Reilly <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">2012</xref>:5). Leerders het aangedui dat lesings wat in die werklike w&#x00EA;reld veranker word, die relevansie daarvan beklemtoon en help om ge&#x00EF;ntegreerde konneksies met hulle eie ondervindings en interpretasies van die werklikheid te maak (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:3). Diepgaander benaderings tot leer word deur voorbeelde uit die werklike lewe aangemoedig (Paul <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2014</xref>:3). Leerdergesentreerde leer moet gekombineer word met groepbesprekings, simulasies, improvisasies en rolspel om leerders betrokke te kry. Leer moet prakties en verkennend wees en probeer-en-tref-probleemoplossingsoefeninge insluit om leerders se aandag te behou (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:15).</p>
<p>Generasie Y het grootgeword met ruim toegang tot tegnologie&#x00EB; soos televisie, video&#x2019;s, rekenaars, die w&#x00EA;reldwye web, YouTube en Skype. Hulle is dus visuele leerders met die leuse &#x2018;sien is glo&#x2019; (Paul <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2014</xref>:2). Opvoeders moet leerders dikwels vermaak terwyl hulle onderrig gee (<italic>edutain</italic>) (Codrington &#x0026; Grant-Marshall <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2004</xref>:130) deur byvoorbeeld staaltjies, speletjies, PowerPoint-aanbiedings en grepe uit rolprente te gebruik (Reilly <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">2012</xref>:7). Vir hierdie generasie vind leer eerder deur visuele beelde as teks plaas. Die aanbieding van materiaal aan Generasie Y-leerders moet dus meer visueel van aard wees, byvoorbeeld deur beelde, video&#x2019;s, foto&#x2019;s, grafika, speletjies en simulasies om hulle aandag vir spesifieke leermateriaal te kry en te behou (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:15). Leerders sal ook gemotiveer word deur opdragte uit te voer waar hulle hul vermo&#x00EB; kan ontwikkel om self visuele aanbiedings waar te neem (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:15). PowerPoint-aanbiedings, YouTube-video&#x2019;s, plakkate en sketse wat leerders maak, sal die visuele aard van klasse verhoog (Reilly <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">2012</xref>:5) en leerders by hulle eie leer betrokke kry. Die sogenaamde &#x2018;skermtieners &#x2019; (<italic>screenagers</italic>) lees en skryf minder, wat dui op &#x2019;n neiging na die visuele eerder as die tekstuele; opvoeders moet dus van hoogs visuele leesmateriaal gebruik maak indien moontlik (Reilly <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">2012</xref>:9).</p>
</sec>
<sec id="s20010">
<title>Leer deur die probeer-en-tref-metode (<italic>trial and error</italic>)</title>
<p>Generasie Y sal nie hulp vra nie, behalwe as hulle regtig vasbrand omdat hulle nie bang is om te speel met sagteware totdat hulle die antwoord kan uitwerk nie (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:11). Hulle gebruik die probeer-en-tref-metode om die jongste tegnologie te absorbeer en te leer ken (McAlister <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">2009</xref>:14). Die rol van die opvoeder behoort dus grootliks di&#x00E9; van fasiliteerder of mentor te wees wat leerders toelaat om self antwoorde te soek.</p>
</sec>
<sec id="s20011">
<title>Benodig voortdurende terugvoer en bevrediging</title>
<p>Generasie Y is gewoond om onmiddellike terugvoer op take en kommunikasie van verskeie bronne te ontvang wat ouers, eweknie&#x00EB;, opvoeders, digitale kommunikasie en internetsoektogte insluit vanwe&#x00EB; &#x2019;n kindgesentreerde samelewing (Reilly <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">2012</xref>:5&#x2013;6). Hierdie leerders word soms &#x2018;trofeekinders&#x2019; genoem (Alsop <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2008</xref>:4) weens hulle behoefte aan erkenning vir alles wat hulle doen of bereik. Indien hulle die erkenning nie kry nie, raak hulle verveeld, ongeduldig (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:11) en onbetrokke. Indien leermateriaal nie relevant, bruikbaar of opwindend genoeg is nie, sal di&#x00E9; generasie nie hulle samewerking gee nie (Nagy <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2012</xref>:101). Konstante terugvoer en aanmoediging &#x2013; ongeag of dit mondelings of skriftelik geskied &#x2013; is belangrik. Hulle het die voortdurende lof van hulle opvoeders en ouers nodig (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:16; Codrington &#x0026; Grant-Marshall <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2004</xref>:131; Eckleberry-Hunt &#x0026; Tucciarone <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">2011</xref>:461). Terugvoer moet so spoedig moontlik geskied, aangesien hierdie generasie kitsbevrediging verlang, daarom moet opvoeders &#x2019;n realistiese omkeertyd vir terugvoer oor opdragte met leerders onderhandel sodat leerders hulle verwagtinge kan aanpas. Indien enigsins moontlik, moet opvoeders op e-posse of op <italic>blogs</italic> en <italic>wiki</italic>&#x2019;s reageer op dieselfde dag as waarop leerders kommentaar geplaas het (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:16). Generasie Y-leerders reageer vinnig op alle elektroniese en digitale boodskappe van andere, ongeag die formaat en verwag dieselfde van almal met wie hulle kontak het (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:13). Opvoeders moet dus oor realistiese tydraamwerke met leerders onderhandel.</p>
<p>Generasie Y wil onmiddellik weet of wat hulle doen reg of verkeerd is, maar reageer nie noodwendig positief op negatiewe terugvoer nie. Hulle aanvaar moeilik verantwoordelikheid as sake skeefloop omdat hulle verwagtinge van hulleself nie altyd realisties is nie (Eckleberry-Hunt &#x0026; Tucciarone <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">2011</xref>:461). Generasie Y het dikwels oordrewe vertroue in hulleself en hulle vermo&#x00EB;ns weens die positiewe versterking van sowel ouers as opvoeders (McAlister <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">2009</xref>:14). In &#x2019;n leerkonteks is dit egter belangrik om hierdie generasie se selfvertroue positief aan te wend om hulle belangstelling in hulle leeromgewing te behou. Generasie Y-leerders moet egter ook leer om verantwoordelikheid te aanvaar vir wat hulle doen en die toepaslikheid waarmee hulle op situasies reageer.</p>
</sec>
<sec id="s20012">
<title>Emosioneel oop en uitgesproke</title>
<p>Generasie Y deel graag emosies en persoonlike inligting aanlyn. Hulle deel ook hulle menings en idees vrylik &#x2013; selfs met totale vreemdelinge (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:12). Hulle gee om vir die omgewing en hul gemeenskappe en is uitgesproke oor omstrede kwessies (Reilly <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">2012</xref>:9). Hierdie leerders is meer ontvanklik vir diversiteit ten opsigte van ras, seksualiteit, geloof en geslag (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:12) as vorige generasies. Generasie Y het toegang tot verskeie sosiale netwerkwebwerwe en kan in interaksie tree met wie hulle wil &#x2013; sodoende het hulle minder vooroordele en is hulle meer verdraagsaam teenoor verskillende rasse, godsdienste en kulture as vorige generasies (Nagy <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2012</xref>:98). Leerders sal aandagtiger fokus indien opvoeders scenario&#x2019;s oor omstrede kwessies in hulle w&#x00EA;relde gebruik. Opvoeders kan <italic>blogs</italic>, <italic>wiki</italic>&#x2019;s en sosiale netwerkblaaie gebruik om interaksie tussen leerders en die deel van menings aan te wakker. Omstrede kwessies kan ook in die klas gedebatteer word. Opvoeders kan byvoorbeeld diversiteits- en omgewingskwessies by lesplanne insluit en tyd gee vir debattering sodat leerders hulle menings kan lug (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:16). Opvoeders moet di&#x00E9; generasie se selfvertroue benut om hulle op omstrede kwessies te laat reageer.</p>
</sec>
<sec id="s20013">
<title>Voorkeur aan spanwerk en samewerking</title>
<p>Jongmense uit Generasie Y leer tuis om met gesinslede te onderhandel, saam te werk en &#x2019;n bydrae tot die gesinslewe te lewer (Richardson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">2011</xref>:18). In die klas verkies hulle ook om in groepe te werk en almal se insette en praktiese ervaring deur die probeer-en-tref-metode te gebruik (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:12; Eckleberry-Hunt &#x0026; Tucciarone <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">2011</xref>:458). Hoewel hulle talle ure alleen voor &#x2018;n rekenaarskerm deurbring, is hulle eintlik baie sosiaal en hulpvaardig wanneer hulle in groepe saamwerk (McAlister <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">2009</xref>:14). Leergemeenskappe is belangrik vir Generasie Y, dus is dit tweede natuur vir hulle om in &#x2019;n groep saam te werk (Tonsing &#x0026; Myburgh <xref ref-type="bibr" rid="CIT0030">2008</xref>:131). Ko&#x00F6;peratiewe leer en onderrig sal dus &#x2019;n bate in &#x2019;n Generasie Y-klaskamer wees. Opvoeders moet groepsprojekte en -navorsing vir klasse beplan. Ko&#x00F6;peratiewe leerervarings in die klas sal ook help om leerders se aandag te behou (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:16), danksy die konstante interaksie en terugvoer van ander. Opvoeders moet leerders die geleentheid bied om in pare of in klein groepies deur aktiewe en ko&#x00F6;peratiewe leeraktiwiteite in werklike kontekste en skynwerklikhede met mekaar in interaksie te tree (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:15).</p>
</sec>
<sec id="s20014">
<title>Balans tussen persoonlike en leerw&#x00EA;relde</title>
<p>Vir Generasie Y-leerders moet skool, universiteit of kollege by hulle lewenstyl pas omdat hulle van buigsaamheid in hulle lewes hou. Generasie Y-leerders toon nie dieselfde werksetiek as vorige generasies nie (Reilly <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">2012</xref>:4):</p>
<disp-quote>
<p>[but prefer] to work smarter rather than harder. They believe they can because technology makes them more efficient. Information and knowledge are readily available &#x2026; via the [i]nternet, allowing them to complete projects [or assignments] faster.</p>
</disp-quote>
<p>Dit is een van die eienskappe van hierdie generasie wat baie aanpassing verg van opvoeders van ouer generasies, met leuses soos &#x2018;eers werk, dan speel&#x2019;. Ouer generasie opvoeders beskou Generasie Y-leerders dikwels as lui, ongemotiveerd en selfsugtig. Generasie Y-leerders beskou hulle lewensfilosofie van balans tussen werk en/of studie en persoonlike lewe egter as van kardinale belang (Eckleberry-Hunt &#x0026; Tucciarone <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">2011</xref>:459) vir hulle gesonde voortbestaan. Opvoeders uit vorige generasies moet probeer om di&#x00E9; generasie se denkwyse nie te veroordeel vanwe&#x00EB; hulle eie standpunt dat leerders werk en geleerdheid eerste moet stel nie. Opvoeders moet eerder strategie&#x00EB; vind wat leerders by die leerproses sal betrek om hulle positief besig te hou (Reilly <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">2012</xref>:5).</p>
</sec>
<sec id="s20015">
<title>Druk om suksesvol te wees</title>
<p>Leerders uit Generasie Y is prestasiegeori&#x00EB;nteerd en werk oor die algemeen goed onder druk (McAlister <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">2009</xref>:14). Hulle is ook doelwitgeori&#x00EB;nteerd vanwe&#x00EB; die druk wat ouers op hulle plaas om suksesvol te wees. Ongelukkig fokus hulle weens eksterne druk dikwels op korttermynprestasie, soos om sekere punte te behaal tot nadeel van kritiese denkvaardighede en diepgaande leer (Carlson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2005</xref> in Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:13). Opvoeders moet die langtermynuitkomste van gemotiveerde, betrokke leer beklemtoon, maar ook strategie&#x00EB; bedink wat leerders meer belang sal gee by hulle eie leerproses.</p>
</sec>
<sec id="s20016">
<title>Akkommodering van veelvuldige intelligensies</title>
<p>Generasie Y gebruik veelvuldige intelligensies en leerstyle. Gevolglik moet leermateriaal dienooreenkomstig ontwikkel word om aan alle leerders die geleentheid te bied om suksesvol te wees. Kritiese denkvaardighede en diepgaande leer moet deur &#x2019;n verskeidenheid leer- en onderrigstrategie&#x00EB; beklemtoon word (Berk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2009</xref>:16) om alle leerders sover te kry om betrokke te raak by spesifieke leertake.</p>
</sec>
</sec>
<sec id="s0017">
<title>Slot</title>
<p>Generasie Y is jongmense wat gedurende die laaste twee dekades van die 20ste eeu gebore is. Hulle is jongmense met selfvertroue, is tegnologies kundig en is uitgesproke oor kontensieuse sake (Reilly <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">2012</xref>:4). Positief gesien, is Generasie Y volgens Tonsing en Myburgh (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0030">2008</xref>:132) &#x2019;n generasie met selfvertroue; wat selfgenoegsaam en prestasiegeori&#x00EB;nteerd is &#x2013; moontlik die mees opvoedingsbewuste generasie in die geskiedenis; &#x2019;n generasie wat die weg baan vir &#x2019;n ontvankliker, verdraagsamer samelewing; en &#x2019;n maatskaplik bewuste generasie wat die leiding neem in vrywilligersdiens.</p>
<p>Die opvoeders van Generasie Y kom egter voor die probleem te staan dat die &#x2018;ou&#x2019; manier van onderrig, waar die opvoeder die wysgeer (<italic>sage</italic>) was, nie meer effektief vir hierdie generasie is nie (Reilly <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">2012</xref>:3). Leerders wil op deelnemende wyse met opvoeders as fasiliteerders saamwerk. Opvoeders moet hulle onderrigstrategie&#x00EB; aanpas en take kies wat swaarder steun op tegnologie en visuele inhoud sowel as ko&#x00F6;peratiewe leer insluit. Leer moet prakties wees, en leerders moet dikwels en spoedig terugvoer oor enige opdragte kry (Reilly <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">2012</xref>:10). Generasie Y-leerders leer die beste op &#x2019;n praktiese, nielini&#x00EA;re manier en nie uit handleidings, handboeke of lesings nie. Hulle geniet digitale interaktiwiteit met mense of inligting (Feiertag &#x0026; Berge <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">2008</xref>:458;461). Opvoeders moet dus tyd afstaan om hulle eie onderrigstrategie&#x00EB; te evalueer ten einde by die leerstyle van Generasie Y aan te pas en die leerders betrokke by hulle eie leerproses te hou.</p>
</sec>
</body>
<back>
<ack>
<title>Erkenning</title>
<sec id="s20018">
<title>Mededingende belange</title>
<p>Die outeur verklaar hiermee dat sy geen finansi&#x00EB;le of persoonlike verbintenis het met enige party wat haar nadelig of voordelig in die skrywe van hierdie artikel kon be&#x00EF;nvloed nie.</p>
</sec>
</ack>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Alsop</surname>, <given-names>R</given-names></string-name></person-group>., <year>2008</year>, <chapter-title>The trophy kids grow up &#x2013; How the millenial generation is shaking up the workplace (Business Book Summaries)</chapter-title>, <publisher-name>EBSCO Publishers Inc</publisher-name>, <publisher-loc>Ipswich, MA</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Axelson</surname>, <given-names>R.D</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Flick</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>2010</year>, &#x2018;<article-title>Defining student engagement</article-title>&#x2019;, <source><italic>Change: The Magazine of Higher Learning</italic></source>, <volume>43</volume>(<issue>1</issue>):<fpage>38</fpage>&#x2013;<lpage>43</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.1080/00091383.2011.533096">http://dx.doi.org/10.1080/00091383.2011.533096</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Barnes</surname>, <given-names>K</given-names></string-name>., <string-name><surname>Marateo</surname>, <given-names>R.C</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Ferris</surname>, <given-names>S.P</given-names></string-name></person-group>., <year>2007</year>, &#x2018;<article-title>Teaching and learning with the net generation</article-title>&#x2019;, <source><italic>Innovate: Journal of Online Education</italic></source> <volume>3</volume>(<issue>4</issue>). <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://nsuworks.nova.edu/innovate/vol3/iss4/1">http://nsuworks.nova.edu/innovate/vol3/iss4/1</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Beran</surname>, <given-names>T</given-names></string-name></person-group>., <year>2009</year>, &#x2018;<article-title>Student ratings of teaching effectiveness: Student engagement and course characteristics</article-title>&#x2019;, <source><italic>Canadian Journal of Higher Education</italic></source>, <volume>39</volume>(<issue>1</issue>):<fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>3</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Berk</surname>, <given-names>R.A</given-names></string-name></person-group>., <year>2009</year>, &#x2018;<article-title>Teaching strategies for the net generation</article-title>&#x2019;, <source><italic>Transformative Dialogues: Teaching and learning Journal</italic></source>, <volume>3</volume>(<issue>2</issue>):<fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>24</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Black</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>2010</year>, &#x2018;<article-title>Gen Y: Who they are and how they learn</article-title>&#x2019;, <source><italic>Educational Horizons</italic></source> <volume>88</volume>(<issue>2</issue>):<fpage>92</fpage>&#x2013;<lpage>101</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Carlson</surname>, <given-names>S</given-names></string-name></person-group>, <year>2005</year>, The net generation in the classroom, <source><italic>The Chronicle of Higher Education</italic></source>, <volume>52</volume>(<issue>7</issue>), <fpage>A34</fpage>&#x2013;<lpage>A37</lpage>. <comment>viewed on 7 October 2016 from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://chronicle.com/free/v52/i07/07a03401.htm">http://chronicle.com/free/v52/i07/07a03401.htm</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Codrington</surname>, <given-names>G</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Grant-Marshal</surname>, <given-names>S</given-names></string-name></person-group>., <year>2004</year>, <source><italic>Mind the gap</italic></source>, <publisher-name>Penguin Books</publisher-name>, <publisher-loc>Johannesburg, South Africa</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Eckleberry-Hunt</surname>, <given-names>J</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Tucciarone</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, &#x2018;<article-title>The challenges and opportunities of teaching &#x2018;Generation Y</article-title>&#x2019;, <source><italic>Journal of Graduate Medical Education</italic></source>, pp. <fpage>458</fpage>&#x2013;<lpage>461</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4300/JGME-03-04-15">http://dx.doi.org/10.4300/JGME-03-04-15</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0010"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Eisner</surname>, <given-names>S.P</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, &#x2018;<article-title>Teaching Generation Y college students: Three initiatives</article-title>&#x2019;, <source><italic>Journal of College Teaching and Learning</italic></source>, <volume>1</volume>(<issue>9</issue>):<fpage>69</fpage>&#x2013;<lpage>84</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.19030/tlc.v1i9.1991">http://dx.doi.org/10.19030/tlc.v1i9.1991</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0011"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Feiertag</surname>, <given-names>J</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Berge</surname>, <given-names>Z.L</given-names></string-name></person-group>., <year>2008</year>, &#x2018;<article-title>Training Generation N: How educators should approach the net generation</article-title>&#x2019;, <source><italic>Education + Training</italic></source> <volume>50</volume>(<issue>6</issue>):<fpage>457</fpage>&#x2013;<lpage>464</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0012"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Fredericks</surname>, <given-names>J.S</given-names></string-name>., <string-name><surname>Blumenfeld</surname>, <given-names>P.C</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Paris</surname> <given-names>A.H</given-names></string-name></person-group>., <year>2004</year>, &#x2018;<article-title>School engagement: Potential of the concept, state of evidence</article-title>&#x2019;, <source><italic>Review of Educational Research</italic></source>, <volume>74</volume>(<issue>1</issue>):<fpage>59</fpage>&#x2013;<lpage>109</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.3102/00346543074001059">http://dx.doi.org/10.3102/00346543074001059</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0013"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Helsper</surname>, <given-names>E</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Enyon</surname>, <given-names>R</given-names></string-name></person-group>., <year>2009</year>, &#x2018;<article-title>Digital natives: Where is the evidence?</article-title>&#x2019; <source><italic>British Educational Research Journal</italic></source> <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>18</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.1080/01411920902989227">http://dx.doi.org/10.1080/01411920902989227</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0014"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Howe</surname>, <given-names>N</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Strauss</surname>, <given-names>W</given-names></string-name></person-group>., <year>2000</year>, <source><italic>Millennials rising: The next greatest generation</italic></source>, <publisher-name>Vintage Books</publisher-name>, <publisher-loc>New York</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0015"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Junco</surname>, <given-names>R</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Mastrodicasa</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>2007</year>, <source><italic>Connecting to the net.generation</italic></source>, <publisher-name>National Association of Student Personnel Administrators (NASPA), Student Affairs Administrators in Higher Education</publisher-name>, <publisher-loc>Washington, D.C.</publisher-loc></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0016"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Kahu</surname>, <given-names>E.R</given-names></string-name></person-group>., <year>2013</year>, &#x2018;<article-title>Framing student engagement in higher education</article-title>&#x2019;, <source><italic>Studies in Higher Education</italic></source>, <volume>38</volume>(<issue>5</issue>):<fpage>758</fpage>&#x2013;<lpage>773</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0017"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Koutropoulos</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, &#x2018;<article-title>Digital natives: Ten years after</article-title>, <source><italic>MERLOT Journal of Online Learning and Teaching</italic></source> <volume>7</volume>(<issue>4</issue>):<fpage>525</fpage>&#x2013;<lpage>538</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0018"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>McAlister</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>2009</year>, &#x2018;<article-title>Teaching the millenial generation</article-title>&#x2019;, <source><italic>American Music Teacher</italic></source> <volume>59</volume>(<issue>1</issue>):<fpage>13</fpage>&#x2013;<lpage>15</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0019"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Nagy</surname>, <given-names>R</given-names></string-name></person-group>., <year>2012</year>, &#x2018;<article-title>Teaching Generation Y</article-title>,&#x2019; <source><italic>Acta Univ. Sapientiae, Social Analysis</italic></source>, <volume>2</volume>(<issue>1</issue>): <fpage>97</fpage>&#x2013;<lpage>110</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0020"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Oblinger</surname>, <given-names>D.G</given-names></string-name></person-group>., <year>2003</year>, &#x2018;<article-title>Understanding the new students. The Netherlands: Delft University of Technology</article-title>&#x2019; <comment>viewed on 01 December 2015 from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://educause.edu/ir/library/pdf/erm0342.pdf">http://educause.edu/ir/library/pdf/erm0342.pdf</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0021"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Oblinger</surname>, <given-names>D.G</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Oblinger</surname>, <given-names>J.L</given-names></string-name></person-group>., <year>2005</year>, &#x2018;<article-title>Educating the Net Generation. The Netherlands: Delft University of Technology</article-title>&#x2019; <comment>viewed 01 December 2015 from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://www.educause.edu/educatingthenetgen">http://www.educause.edu/educatingthenetgen</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0022"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Oblinger</surname>, <given-names>D.G</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Hawkins</surname>, <given-names>B.L</given-names></string-name></person-group>., <year>2006</year>, &#x2018;<article-title>The myth about online course development&#x2019;, The Netherlands : Delft University of Technology</article-title>, <source><italic>Educause Review</italic></source> <volume>41</volume>(<issue>1</issue>): <fpage>14</fpage> &#x2013;<lpage>15</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0023"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Paul</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>2014</year>, &#x2018;<article-title>In pursuit of better student engagement in class from the perspective of Gen Y undergraduates: A case in management education</article-title>., <source><italic>Proceeding of the Global Summit on Education GSE</italic></source> <fpage>4</fpage>&#x2013;<lpage>5</lpage> <comment>March, Kuala Lumpur, Malaysia, E-ISBN 978-967-11768-5&#x2013;6</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0024"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Prensky</surname>, <given-names>M</given-names></string-name></person-group>., <year>2001</year>, &#x2018;<article-title>Digital natives, digital immigrants: part 1</article-title>&#x2019;, <source><italic>On the Horizon</italic></source>, <volume>9</volume>(<issue>5</issue>):<fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>6</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.1108/10748120110424816">http://dx.doi.org/10.1108/10748120110424816</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0025"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Prensky</surname>, <given-names>M</given-names></string-name></person-group>., <year>[2005]2006</year>, &#x2018;<article-title>Listen to the Natives</article-title>&#x2019;, <source><italic>Educational Leadership</italic></source>, <volume>63</volume> (<issue>4</issue>):<fpage>8</fpage>&#x2013;<lpage>13</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0026"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Reilly</surname>, <given-names>P</given-names></string-name></person-group>., <year>2012</year>, &#x2018;<chapter-title>Understanding and teaching Generation Y</chapter-title>&#x2019;, <source><italic>English Teaching Forum</italic></source>, <publisher-loc>1</publisher-loc>:<fpage>2</fpage>&#x2013;<lpage>10</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0027"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Richardson</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, &#x2018;<article-title>Tune in to what the new generation of teachers can do</article-title>,&#x2019; <source><italic>Kappan</italic></source>, <volume>92</volume>(<issue>8</issue>):<fpage>14</fpage>&#x2013;<lpage>19</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.1177/003172171109200804">http://dx.doi.org/10.1177/003172171109200804</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0028"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Tapscott</surname>, <given-names>D</given-names></string-name></person-group>., <year>1998</year>, <source><italic>Growing up digital: The rise of the net generation</italic></source>, <publisher-name>McGraw-Hill</publisher-name>, <publisher-loc>New York</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0029"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Tapscott</surname>, <given-names>D</given-names></string-name></person-group>, <year>2009</year>, <source><italic>Growing up digital: How the net generation is changing your world</italic></source>, <publisher-name>McGraw-Hill</publisher-name>, <publisher-loc>New York</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0030"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Tonsing</surname>, <given-names>T.J</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Myburgh</surname>, <given-names>R.F</given-names></string-name></person-group>., <year>2008</year>, <source><italic>Generation Y &#x0040; work</italic></source>, <publisher-name>Bala Publishing, Centurion</publisher-name>, <publisher-loc>South Africa</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this article:</bold> Venter, E., 2016, &#x2018;Onderrig van Generasie Y&#x2019;, <italic>Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie</italic> 35(1), a1395. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v35i1.1395">http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v35i1.1395</ext-link></p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>