<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="research-article" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">SATNT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0254-3486</issn>
<issn pub-type="epub">2222-4173</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">SATNT-35-1367</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/satnt.v35i1.1367</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Oorspronklike Navorsing</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Die impak van suur mynwater op die ekologie van die Wieg van die Mensdom en die Krugersdorp-Wildreservaat aan die Wes-Rand</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">http://orcid.org/0000-0002-0357-1090</contrib-id>
<name>
<surname>Durand</surname>
<given-names>Fran&#x00E7;ois</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Zoology, University of Johannesburg, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Fran&#x00E7;ois Durand, <email xlink:href="francois.karst@yahoo.com">francois.karst@yahoo.com</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>25</day><month>11</month><year>2016</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2016</year></pub-date>
<volume>35</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>1367</elocation-id>
<history>
<date date-type="received"><day>11</day><month>10</month><year>2015</year></date>
<date date-type="accepted"><day>07</day><month>10</month><year>2016</year></date>
</history>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2016. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2016</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
<abstract>
<p>Die Witwatersrand Supergroep is die w&#x00EA;reld se rykste gouddraende geologiese afsetting. Hierdie ongeveer 2.8 miljard jaar oue eenheid word deur die 2.71&#x2013;2.67 miljard jaar oue Ventersdorp Supergroep opgevolg wat weer deur die 2.67&#x2013;2.46 miljard jaar Chuniespoort Groep van die Transvaal Supergroep bedek word. Die dolomietryke Chuniespoort Groep is ook &#x2019;n reusewaterdraer waaruit water vir boerdery in suidelike Gauteng, die suidoostelike Noordwes- Provinsie en noordelike Vrystaat onttrek word. Megaliters grondwater stroom daagliks vanuit die dolomietryke gebiede in die naasliggende myne in, wat veroorsaak dat hierdie water voortdurend uitgepomp moet word, alvorens daar met mynaktiwiteite voortgegaan kan word. Die goudmyne in die Witwatersrand Supergroep is van die diepste myne ter w&#x00EA;reld en di&#x00E9; in Gauteng is tot ongeveer 3 km diep. Die myne van die Sentraal-Rand, die Oos-Rand en die Wes-Rand, wat oor &#x2019;n gebied van ongeveer 100 km strek, is een n&#x00E1; die ander gesluit toe die gouderts tot op &#x2019;n diepte van ongeveer 3 km ondergronds uitgemyn was en dit te onekonomies geword het om voort te gaan om te myn. Die reusagtige ondergrondse mynholte wat nagelaat is, beslaan etlike miljoene kubieke meter. Hierdie mynholte het stadigaan weer met grondwater begin opvul, en die fonteine rondom die Witwatersrandse myne het na &#x2019;n eeu van ontwatering weer begin vloei. Dit is egter nie skoon dolomitiese water wat uit die fonteine stroom nie, maar suur mynwater wat ho&#x00EB; konsentrasies swaelsuur, sulfaatsoute en metale, insluitende radioaktiewe swaarmetale, bevat. Die gouddraende lae van die Witwatersrand Supergroep bevat ook groot hoeveelhede ysterpiriet (FeS<sub>2</sub>) wat swaelsuur vorm wanneer dit in aanraking met suurstof en water kom. Die agteruitgang van die ekologie van Krugersdorp se Wildreservaat en die Wieg van die Mensdom is &#x2019;n goeie voorbeeld van die negatiewe uitwerking van suur mynwater op die ekologie.</p>
</abstract>
<trans-abstract xml:lang="en">
<p><bold>The impact of acid mine drainage on the ecology of the Cradle of Humankind and Krugersdorp Game Reserve on the West Rand.</bold> The Witwatersrand Supergroup is the world&#x2019;s richest goldbearing geological deposit. This approximately 2.8 milliard years old unit is overlain by the 2.71&#x2013;2.67 milliard years Ventersdorp Supergroup which is in turn overlain by the 2.67&#x2013;2.46 milliard years Chuniespoort Group of the Transvaal Supergroup. The dolomite-rich Chuniespoort Group also contains a large aquifer which supplies water to farms in southern Gauteng, southeastern North West Province and northern Free State. The megalitres of water in the dolomite flooding the adjacent gold mines in the Witwatersrand Supergroup need to be pumped out constantly to keep the mines operational. The gold mines in the Witwatersrand Supergroup are amongst the deepest mines in the world and those in Gauteng are up to 3 km deep. The mines of the Central Rand, the East Rand and the West Rand, which extend over an area of 100 km, were shut down, one after the other, as the gold ore was depleted to a depth of approximately 3 km and it became uneconomical to continue. The enormous mine void, occupying several million cubic metres, gradually started to fill up with groundwater again, causing the springs in the vicinity of the Witwatersrand mines to flow after more than a century of dewatering. The water flowing from these springs, however, is not clean dolomitic water but acid mine water containing a high concentration of sulphuric acid, sulphate salts and metals, including radioactive heavy metals. The auriferous geological layers constituting the Witwatersrand Supergroup also contain large quantities of iron pyrite (FeS<sub>2</sub>) which forms sulphuric acid when it comes into contact with water and oxygen. The deterioration of the ecology in the Krugersdorp Game Reserve and the Cradle of Humankind World Heritage Site is a good example of the negative impact acid mine water has on the ecology.</p>
</trans-abstract>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Inleiding</title>
<p>Die Witwatersrand Supergroep, die rykste gouddraende geologiese afsetting ter w&#x00EA;reld, was vir meer as &#x2019;n eeu di&#x00E9; belangrikste dryfveer van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Sonder hierdie unieke geologiese verskynsel sou Johannesburg, die stede en dorpe van die Oos-Rand, Wes-Rand en verre Wes-Rand asook, trouens, Gauteng as &#x2019;n provinsie nie bestaan het nie. Die myne en gepaardgaande nywerhede het miljoene mense van oral oor die w&#x00EA;reld na die Witwatersrand gelok. Na die ontdekking van die goudrif het &#x2019;n reeks klein delwerye al langs die ossewapad, wat later Hoofrifweg sou word, ontspring. Tussen 1886 en 1887 was die dorpe Johannesburg, Krugersdorp, Roodepoort, Randfontein, Klerksdorp, Germiston en Boksburg gestig (Mendelsohn &#x0026; Potgieter <xref ref-type="bibr" rid="CIT0028">1986</xref>). Die totstandkoming van die dorpe Nigel, Brakpan, Carletonville en die swart woonbuurte Kliptown, Orlando, Katlehong, Tembisa en Vosloorus het in die dekades daarna gevolg. Die groot myne het eers ontstaan toe die diamantbaronne van Kimberley en die mynmagnate van die Oos-Transvaalse Laeveld al die kleiner delwerye uitgekoop het (Mendelsohn &#x0026; Potgieter <xref ref-type="bibr" rid="CIT0028">1986</xref>). Nuwe tegnieke is ontwikkel om die uitdagings wat met diep myne gepaard gegaan het, die hoof te bied. Een van hierdie probleme was om die oorstroming van die myne deur grondwater te verhoed.</p>
</sec>
<sec id="s0002">
<title>Geologie van die Witwatersrand</title>
<p>Die gesteentes van die Witwatersrand Supergroep kom in &#x2019;n wye boog rondom die Vredefortkoepel in die suidelike deel van Gauteng, die suidoostelike deel van Noordwes en die noordelike deel van die Vrystaat voor. Die sediment&#x00EA;re gesteentes wat die Witwatersrand Supergroep vorm, was ongeveer 2.8 miljard jaar gelede in horisontale lae in &#x2019;n vlak binnelandse see afgeset (McCarthy &#x0026; Rubidge <xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">2005</xref>). Die impak van &#x2019;n reusemeteoriet ongeveer 2.023 miljard jaar gelede het hierdie 7500 meter dik sediment&#x00EA;re opeenvolging vervorm, wat veroorsaak het dat die lae na die middel van die Vredefortkoepel teen &#x2019;n helling van tussen 10&#x00B0; en 30&#x00B0; (Truswell <xref ref-type="bibr" rid="CIT0034">1977</xref>).</p>
<p>Die Witwatersrand Supergroep word in die Sentraal-Rand Groep en die onderliggende Wes-Rand Groep onderverdeel. Die Wes-Rand Groep word in die Hospital Hill, die Government en die Jeppestown Subgroepe onderverdeel, terwyl die Sentraal-Rand Groep in die Johannesburg en Turffontein Subgroepe onderverdeel word. Die Johannesburg Subgroep bevat een van die grootste afsettings van goud ter w&#x00EA;reld (McCarthy &#x0026; Rubidge <xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">2005</xref>; Viljoen &#x0026; Reimold <xref ref-type="bibr" rid="CIT0039">2002</xref>). Die Witwatersrand Supergroep word deur die 2.714&#x2013;2.665 miljard jaar oue Ventersdorp Supergroep bedek (Schneiderhan <xref ref-type="bibr" rid="CIT0032">2008</xref>). Die Ventersdorp Supergroep bestaan hoofsaaklik uit stollingsgesteentes wat bo-oor die goudbevattende Ventersdorp-kontakrif afgeset is (sien <xref ref-type="fig" rid="F0001">Figuur 1</xref>).</p>
<fig id="F0001">
<label>FIGUUR 1</label>
<caption><p>Die geologie van die Witwatersrand en omstreke.</p></caption>
<graphic xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xlink:href="SATNT-35-1367-g001.tif"/>
</fig>
<p>Die Transvaal Supergroep bedek weer die Ventersdorp Supergroep. Die goudbevattende Swartrif-formasie wat die onderste laag van die Transvaal Supergroep vorm, is veral aan die Wes-Rand gemyn (McCarthy &#x0026; Rubidge <xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">2005</xref>). Die Swartrif word deur die Chuniespoort Groep van die Transvaal Supergroep bedek. Die Chuniespoort Groep bestaan uit sediment&#x00EA;re gesteentes wat ongeveer 2.67&#x2013;2.46 miljard jaar gelede afgeset is en bevat gesteentes soos gebande ystersteen en stromatolitiese karbonate wat grootliks uit kalksteen en dolomiet bestaan (Eriksson <italic>et al.</italic> <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2001</xref>). Die dolomietryke Chuniespoort Groep bedek &#x2019;n groot gedeelte van die Witwatersrand Supergroep in die suidelike deel van Gauteng en die suidoostelike deel van Noordwes-Provinsie (sien <xref ref-type="fig" rid="F0001">Figuur 1</xref>).</p>
<sec id="s20003">
<title>Suur mynwater</title>
<p>Die swaelsuur in suur mynwater word gevorm wanneer piriet in kontak met suurstof en water kom. Swaelsuur los sand, gruis en rots in myngebiede op en stel sodoende die elemente vry wat daarin voorkom. Wanneer swaelsuur met alkaliese gesteentes soos kalksteen en dolomiet in aanraking kom, word die gesteentes opgelos en sulfaatsoute gevorm. Water wat vanuit die ou mynskagte en slikdamme aan die Witwatersrand vloei, bevat ho&#x00EB; vlakke van swaelsuur, metale en sout en word suur mynwater genoem. Sommige van die swaarmetale in die suur mynwater is radioaktief.</p>
<p>Water stroom vanuit die reuse-akwifer wat in die dolomietiese gesteentes in Gauteng voorkom en voed die fonteine wat oorspronklik al langs die Witwatersrand voorgekom het. Trouens die naam Witwatersrand is waarskynlik van hierdie verskynsel afgelei. Die Witwatersrandse nedersettings het op plase met name soos Randfontein, Braamfontein, Doornfontein, Turffontein, Modderfontein, Driefontein, Elandsfontein, Vogelfontein en Vogelstruisfontein ontstaan. Vanwe&#x00EB; die feit dat die waterdraende dolomitiese gesteentes van die Transvaal Supergroep, gesteentes van die ouer Ventersdorp Supergroep en die goudryke Witwatersrand Supergroep plek-plek bedek en op ander plekke aangrensend daaraan voorkom (sien <xref ref-type="fig" rid="F0001">Figuur 1</xref>), word die mynholte deur grondwater oorstroom.</p>
<p>Vroeg reeds het die diep myne probleme met grondwater-oorstromings en die vorming van suur mynwater ondervind (O&#x2019;Flaherty <xref ref-type="bibr" rid="CIT0031">1903</xref>). Die water wat vanuit die karst-waterdraer in die oorliggende en naasliggende dolomitiese gesteentes gestroom het, moes uitgepomp word om die myne operasioneel te hou (Morgan &#x0026; Brink <xref ref-type="bibr" rid="CIT0029">1984</xref>; Warwick <italic>et al</italic>. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0040">1987</xref>). Miljoene liter water is later daagliks vanuit die mynholte al langs die Witwatersrand in die naburige riviere gepomp en die natuurlike fonteine waarna die oorspronklike plase vernoem is, het opgedroog (Enslin <italic>et al</italic>. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1976</xref>). Die myne langs die Witwatersrand het een na die ander gedurende die vorige eeu gesluit &#x2013; eers di&#x00E9; aan die Sentrale Rand, later di&#x00E9; aan die Oos-Rand en laastens di&#x00E9; aan die Wes-Rand toe dit te duur en onprakties geword het om die gouderts op vlakke dieper as 3 km ondergronds te myn (Durand <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2012</xref>).</p>
<p>Oorspronklik was elke myn verantwoordelik vir sy eie drooglegging, maar uiteidelik het die taak om die reusemynholte van ongeveer 45 000 000m<sup>2</sup> (Eriksson <italic>et al</italic>. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2001</xref>) van Springs tot Randfontein uit te pomp slegs &#x2019;n paar myne se verantwoordelikheid geword (Van Eeden, Lieferink &#x0026; Durand <xref ref-type="bibr" rid="CIT0036">2009</xref>). Ongeveer 36 000 000L water is in die 1990&#x2019;s daagliks uit die mynholte in die Sentrale Rand gepomp om die myne operasioneel te hou (Scott <xref ref-type="bibr" rid="CIT0033">1995</xref>), terwyl ongeveer 32 000 000L uit die mynholte aan die Wes-Rand deur Harmony Gold Mines gepomp en in die Wonderfonteinspruit en Tweelopiespruit gestort is (Krige &#x0026; Van Biljon <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">2010</xref>). Tot &#x2019;n paar jaar gelede is ongeveer 75 mg/L per dag uit die Grootvleimyn aan die Oos-Rand in die Blesbokspruit gestort (Holtzhausen <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">2006</xref>). Die koste het mettertyd te hoog geword vir hierdie paar myne en, ondanks &#x2019;n staatsubsidie, kon hulle nie hiermee volhou nie. Daarbenewens is Grootvleimyn deur sy eienaars gestroop en die skrootmetaal, waaronder pype en pompe, verkoop (De Lange <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">2011</xref>).</p>
<p>Die grondwatervlakke het mettertyd herstel nadat die laaste myne opgehou het om die water uit die mynholte uit te pomp en die fonteine aan die Witwatersrand het, een na die ander, weer begin vloei, maar in plaas van suiwer dolomitiese water, kom daar nou suur mynwater uit die fonteine en mynskagte (Krige <xref ref-type="bibr" rid="CIT0025">2006</xref>; Hobbs &#x0026; Cobbing <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">2007</xref>). Hierdie suur mynwater het vanaf 2002 uit die mynholte in Krugersdorp se Wildreservaat begin uitloop (Fourie <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">2005</xref>).</p>
</sec>
<sec id="s20004">
<title>Probleemstelling</title>
<p>Die negatiewe impak op die ekologie van die gebied rondom die goudmyne is kommerwekkend. Die doel van hierdie studie was om die getalle en diversiteit van makroskopiese varswaterinsekte met die waterkwaliteit van &#x2019;n rivier in so &#x2019;n ge&#x00EF;mpakteerde gebied te vergelyk.</p>
</sec>
<sec id="s20005">
<title>Hipotese</title>
<p>Die getal en diversiteit van makroskopiese akwatiese insekte word negatief deur suur mynwater in die riviere rondom die myne geraak.</p>
</sec>
</sec>
<sec id="s0006">
<title>Materiaal en metodes</title>
<p>SASS5-opnames word gebruik om die riviergesondheid te bepaal. Die opnames bestaan uit die identifikasie van akwatiese makro-invertebraatfamilies en die relatiewe hoeveelhede waarin hulle in lopende water voorkom. Die sensitiwiteit van die verskillende akwatiese makro-invertebraatfamilies is bekend en die waterkwaliteit by spesifieke versamelpunte in &#x2019;n rivierstelsel kan bepaal word volgens die voorkoms van spesifieke families. Aangesien meer inligting benodig word ten opsigte van die spesifieke besoedelingsfaktore is watermonsters ook by verskillende punte in die rivierstelsel geneem en ontleed (<xref ref-type="fig" rid="F0002">Figuur 2</xref>).</p>
<fig id="F0002">
<label>FIGUUR 2</label>
<caption><p>Die watermonsteringspunte 1 tot 7 in die Tweelopiespruit-Rietspruit-Bloubankspruit-rivierstelsel. Die fonteine in die rivierstelsel word deur wit kolletjies aangedui: (1) Plovers Lake Fontein; (2) Kromdraaifontein; (3) Zwartkransfontein; (4) Flip-se-gatfontein; (5) Kalkmynfontein; (6) Lodgefontein; (7) Populierbosfontein; (8) Seekoeidamfonteine.</p></caption>
<graphic xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xlink:href="SATNT-35-1367-g002.tif"/>
</fig>
<p>Nadat die suur mynwater in 2002 in die Krugersdorp-Wildreservaat begin uitvloei het, is &#x2019;n SASS5-opname gedoen om die relatiewe gesondheid van die Bloubankspruit te bepaal (Van Staden <xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">2003</xref>). In 2007 is daar op die waterkwaliteit in die Tweelopiespruit vanaf die Robinsonmeer tot in die noordelike deel van Krugersdorp se Wildreservaat gefokus en is daar watermonsters geneem en &#x2019;n akwatiese makro-invertebraatopname in die Tweelopiespruit gedoen (Heyl <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2007</xref>). Na &#x2019;n visvrekte by Koelenhof in die Wieg van die Mensdom in 2011, is SASS5-opnames gedoen en watermonsters maandeliks in die Tweelopiespruit, Rietspruit en Bloubankspruit geneem. In 2014 is die watermonstertoetse en SASS5-opnames herhaal om die huidige riviergesondheid te bepaal.</p>
<p>Die watermonsters wat vanaf 2007 tot 2014 geneem is, is deur Waterlab in Pretoria ontleed en die pH, die sulfaat-inhoud (SO<sub>4</sub>) en konsentrasie van metale, veral di&#x00E9; wat met mynwater geassosieer word, is bepaal (<xref ref-type="table" rid="T0001">Tabelle 1</xref>&#x2013;<xref ref-type="table" rid="T0004">4</xref>).</p>
<table-wrap id="T0001">
<label>TABEL 1</label>
<caption><p>Suur- en metaalvlakke in die Tweelopiespruit-Rietspruit-Bloubankspruit-rivierstelsel in Junie 2007 (die konsentrasie van metale word in mg/L aangedui).</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Punt</th>
<th valign="top" align="center">pH</th>
<th valign="top" align="center">Al</th>
<th valign="top" align="center">Ca</th>
<th valign="top" align="center">Fe</th>
<th valign="top" align="center">Mg</th>
<th valign="top" align="center">Mn</th>
<th valign="top" align="center">Ni</th>
<th valign="top" align="center">U</th>
<th valign="top" align="center">SO4</th>
</tr>
</thead>
<tbody>
<tr>
<td align="left">6.</td>
<td align="center">7.5</td>
<td align="center">&#x003C;0.001</td>
<td align="center">169</td>
<td align="center">&#x003C;0.01</td>
<td align="center">48.6</td>
<td align="center">5.11</td>
<td align="center">0.292</td>
<td align="center">&#x003C;0.0001</td>
<td align="center">702</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">7.</td>
<td align="center">2.7</td>
<td align="center">0.013</td>
<td align="center">390</td>
<td align="center">209</td>
<td align="center">198</td>
<td align="center">177</td>
<td align="center">10.8</td>
<td align="center">0.1168</td>
<td align="center">3275</td>
</tr>
</tbody>
</table>
<table-wrap-foot>
<fn><p>pH, potensiaal van waterstof; Al, aluminium; Ca, kalsium; Fe, yster; Mg, magnesium; Mn, mangaan; Ni, nikkel; U, uraan; SO4, sulfaat.</p></fn>
</table-wrap-foot>
</table-wrap>
<table-wrap id="T0002">
<label>TABEL 2</label>
<caption><p>Suur- en metaalvlakke in die Tweelopiespruit-Rietspruit-Bloubankspruit-rivierstelsel in Februarie 2011 (die konsentrasie van metale word in mg/L aangedui).</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Punt</th>
<th valign="top" align="center">pH</th>
<th valign="top" align="center">Al</th>
<th valign="top" align="center">Ca</th>
<th valign="top" align="center">Fe</th>
<th valign="top" align="center">Mg</th>
<th valign="top" align="center">Mn</th>
<th valign="top" align="center">Ni</th>
<th valign="top" align="center">U</th>
<th valign="top" align="center">SO4</th>
</tr>
</thead>
<tbody>
<tr>
<td align="left">1.</td>
<td align="center">7.6</td>
<td align="center">0.200</td>
<td align="center">62</td>
<td align="center">0.596</td>
<td align="center">31</td>
<td align="center">2.80</td>
<td align="center">&#x003C;0.025</td>
<td align="center">&#x003C;0.010</td>
<td align="center">370</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">2.</td>
<td align="center">7.3</td>
<td align="center">0.199</td>
<td align="center">62</td>
<td align="center">0.527</td>
<td align="center">32</td>
<td align="center">5.29</td>
<td align="center">&#x003C;0.025</td>
<td align="center">&#x003C;0.010</td>
<td align="center">392</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">3.</td>
<td align="center">3.6</td>
<td align="center">0.137</td>
<td align="center">75</td>
<td align="center">0.086</td>
<td align="center">31</td>
<td align="center">16</td>
<td align="center">&#x003C;0.025</td>
<td align="center">&#x003C;0.010</td>
<td align="center">706</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">4.</td>
<td align="center">3.0</td>
<td align="center">0.492</td>
<td align="center">83</td>
<td align="center">3.99</td>
<td align="center">17</td>
<td align="center">17</td>
<td align="center">0.076</td>
<td align="center">&#x003C;0.010</td>
<td align="center">874</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">5.</td>
<td align="center">2.6</td>
<td align="center">2.33</td>
<td align="center">448</td>
<td align="center">16</td>
<td align="center">96</td>
<td align="center">60</td>
<td align="center">0.680</td>
<td align="center">0.049</td>
<td align="center">2618</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">6.</td>
<td align="center">2.6</td>
<td align="center">2.13</td>
<td align="center">519</td>
<td align="center">12</td>
<td align="center">93</td>
<td align="center">92</td>
<td align="center">0.611</td>
<td align="center">0.043</td>
<td align="center">2200</td>
</tr>
</tbody>
</table>
<table-wrap-foot>
<fn><p>pH, potensiaal van waterstof; Al, aluminium; Ca, kalsium; Fe, yster; Mg, magnesium; Mn, mangaan; Ni, nikkel; U, uraan; SO4, sulfaat.</p></fn>
</table-wrap-foot>
</table-wrap>
<table-wrap id="T0003">
<label>TABEL 3</label>
<caption><p>Suur- en metaalvlakke in die Tweelopiespruit-Rietspruit-Bloubankspruit-rivierstelsel in Junie 2011 (die konsentrasie van metale word in mg/L aangedui).</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Punt</th>
<th valign="top" align="center">pH</th>
<th valign="top" align="center">Al</th>
<th valign="top" align="center">Ca</th>
<th valign="top" align="center">Fe</th>
<th valign="top" align="center">Mg</th>
<th valign="top" align="center">Mn</th>
<th valign="top" align="center">Ni</th>
<th valign="top" align="center">U</th>
<th valign="top" align="center">SO4</th>
</tr>
</thead>
<tbody>
<tr>
<td align="left">1.</td>
<td align="center">8.0</td>
<td align="center">&#x003C;0.01</td>
<td align="center">79.1</td>
<td align="center">2.27</td>
<td align="center">27.9</td>
<td align="center">3.39</td>
<td align="center">0.077</td>
<td align="center">0.0008</td>
<td align="center">216</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">2.</td>
<td align="center">7.9</td>
<td align="center">&#x003C;0.01</td>
<td align="center">87.8</td>
<td align="center">3.33</td>
<td align="center">27.6</td>
<td align="center">5.54</td>
<td align="center">0.097</td>
<td align="center">0.0009</td>
<td align="center">272</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">3.</td>
<td align="center">7.3</td>
<td align="center">&#x003C;0.01</td>
<td align="center">111</td>
<td align="center">12.2</td>
<td align="center">32.5</td>
<td align="center">10.0</td>
<td align="center">0.178</td>
<td align="center">0.0024</td>
<td align="center">380</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">4.</td>
<td align="center">3.3</td>
<td align="center">0.378</td>
<td align="center">185</td>
<td align="center">28.0</td>
<td align="center">38.3</td>
<td align="center">20.1</td>
<td align="center">0.409</td>
<td align="center">0.0044</td>
<td align="center">852</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">5.</td>
<td align="center">2.8</td>
<td align="center">2.04</td>
<td align="center">501</td>
<td align="center">90.2</td>
<td align="center">113</td>
<td align="center">54.3</td>
<td align="center">0.965</td>
<td align="center">0.0118</td>
<td align="center">1729</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">6.</td>
<td align="center">2.7</td>
<td align="center">2.17</td>
<td align="center">425</td>
<td align="center">180</td>
<td align="center">134</td>
<td align="center">63.2</td>
<td align="center">0.961</td>
<td align="center">0.0148</td>
<td align="center">1932</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">7.</td>
<td align="center">2.7</td>
<td align="center">3.62</td>
<td align="center">586</td>
<td align="center">252</td>
<td align="center">160</td>
<td align="center">80.7</td>
<td align="center">1.29</td>
<td align="center">0.0166</td>
<td align="center">2741</td>
</tr>
</tbody>
</table>
<table-wrap-foot>
<fn><p>pH, potensiaal van waterstof; Al, aluminium; Ca, kalsium; Fe, yster; Mg, magnesium; Mn, mangaan; Ni, nikkel; U, uraan; SO4, sulfaat.</p></fn>
</table-wrap-foot>
</table-wrap>
<table-wrap id="T0004">
<label>TABEL 4</label>
<caption><p>Suur- en metaalvlakke in die Tweelopiespruit-Rietspruit-Bloubankspruit-rivierstelsel in Junie 2014 (die konsentrasie van metale word in mg/L aangedui).</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Punt</th>
<th valign="top" align="center">pH</th>
<th valign="top" align="center">Al</th>
<th valign="top" align="center">Ca</th>
<th valign="top" align="center">Fe</th>
<th valign="top" align="center">Mg</th>
<th valign="top" align="center">Mn</th>
<th valign="top" align="center">Ni</th>
<th valign="top" align="center">U</th>
<th valign="top" align="center">SO4</th>
</tr>
</thead>
<tbody>
<tr>
<td align="left">2.</td>
<td align="center">7.9</td>
<td align="center">0.231</td>
<td align="center">143</td>
<td align="center">1.19</td>
<td align="center">48</td>
<td align="center">3.96</td>
<td align="center">0.045</td>
<td align="center">&#x003C;0.010</td>
<td align="center">512</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">3.</td>
<td align="center">7.8</td>
<td align="center">0.229</td>
<td align="center">210</td>
<td align="center">2.53</td>
<td align="center">61</td>
<td align="center">6.49</td>
<td align="center">0.084</td>
<td align="center">&#x003C;0.010</td>
<td align="center">694</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">4.</td>
<td align="center">4.6</td>
<td align="center">0.835</td>
<td align="center">297</td>
<td align="center">7.04</td>
<td align="center">79</td>
<td align="center">16</td>
<td align="center">0.228</td>
<td align="center">&#x003C;0.010</td>
<td align="center">1 207</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">5.</td>
<td align="center">3.1</td>
<td align="center">0.791</td>
<td align="center">491</td>
<td align="center">16</td>
<td align="center">164</td>
<td align="center">24</td>
<td align="center">0.319</td>
<td align="center">0.014</td>
<td align="center">2 061</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">7.</td>
<td align="center">3.0</td>
<td align="center">1.22</td>
<td align="center">474</td>
<td align="center">87</td>
<td align="center">143</td>
<td align="center">36</td>
<td align="center">0.346</td>
<td align="center">0.026</td>
<td align="center">2 311</td>
</tr>
</tbody>
</table>
<table-wrap-foot>
<fn><p>pH, potensiaal van waterstof; Al, aluminium; Ca, kalsium; Fe, yster; Mg, magnesium; Mn, mangaan; Ni, nikkel; U, uraan; SO4, sulfaat.</p></fn>
</table-wrap-foot>
</table-wrap>
</sec>
<sec id="s0007">
<title>Resultate</title>
<p>Die resultate van die akwatiese invertebraat en watermonster-opnames wat in 2007, 2011 en 2014 gedoen is word in tabelvorm opgesom (<xref ref-type="table" rid="T0001">Tabelle 1</xref>&#x2013;<xref ref-type="table" rid="T0005">5</xref>).</p>
<table-wrap id="T0005">
<label>TABEL 5</label>
<caption><p>&#x2019;n Vergelyking van die akwatiese makro-invertebraatfamilies deur middel van SASS5- opnames wat in die Bloubankspruit in 2003, 2011 en 2014 ge&#x00EF;dentifiseer is.</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Versamelpunt</th>
<th valign="top" align="center" colspan="10">Getal akwatiese makro-invertebraatfamilies in die Bloubankspruit soos bepaal deur SASS5-opnames<hr/></th>
</tr>
<tr>
<th valign="top" align="left"></th>
<th valign="top" align="center" colspan="3">2003<hr/></th>
<th valign="top" align="center" colspan="3">April 2011<hr/></th>
<th valign="top" align="center" colspan="2">Junie 2011<hr/></th>
<th valign="top" align="center" colspan="2">Junie 2014<hr/></th>
</tr>
<tr>
<th valign="top" align="left"></th>
<th valign="top" align="left">Versamelpunt</th>
<th valign="top" align="center">Klippe</th>
<th valign="top" align="center">GSM</th>
<th valign="top" align="center">Versamelpunt</th>
<th valign="top" align="center">Klippe</th>
<th valign="top" align="center">GSM</th>
<th valign="top" align="center">Klippe</th>
<th valign="top" align="center">GSM</th>
<th valign="top" align="center">Klippe</th>
<th valign="top" align="center">GSM</th>
</tr>
</thead>
<tbody>
<tr>
<td align="left">troomop voor Zwartkransfontein</td>
<td align="left">Kromdraai</td>
<td align="center">9</td>
<td align="center">5</td>
<td align="left">Greensleeves</td>
<td align="center">2</td>
<td align="center">3</td>
<td align="center">0</td>
<td align="center">3</td>
<td align="center">4</td>
<td align="center">5</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">troomop voor die samevloeiing met Honingklipspruit</td>
<td align="left"><italic>Rainbow Trout Farm</italic></td>
<td align="center">9</td>
<td align="center">-</td>
<td align="left">Koelenhof</td>
<td align="center">2</td>
<td align="center">4</td>
<td align="center">4</td>
<td align="center">3</td>
<td align="center">7</td>
<td align="center">8</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">troomaf na die samevloeiing met Honingklipspruit</td>
<td align="left"><italic>Brookwood Estate</italic></td>
<td align="center">10</td>
<td align="center">5</td>
<td align="left">Bloubankspruit-Noord</td>
<td align="center">3</td>
<td align="center">3</td>
<td align="center">1</td>
<td align="center">2</td>
<td align="center">5</td>
<td align="center">8</td>
</tr>
</tbody>
</table>
<table-wrap-foot>
<fn><p>GSM, gruis, sand en modder</p></fn>
</table-wrap-foot>
</table-wrap>
</sec>
<sec id="s0008">
<title>Bespreking</title>
<p>Die uitvloei van suur mynwater bedreig die watergesondheid van die riviere rondom die Harmony-goudmyn en dit het &#x2019;n ernstige negatiewe impak op die ekologie van die omgewing. Versamelpunte is so gekies dat die vloei van suur mynwater in die Tweelopiespruit-Rietspruit- Bloubankspruit-rivierstelsel gemoniteer kan word. Die suur mynwater noord van die Harmony-goudmyn het oorspronklik hoofsaaklik die Tweelopiespruit be&#x00EF;nvloed, terwyl die suur mynwater suidwes van die Harmony-goudmyn in die Wonderfonteispruit gevloei het. Vanaf 2002 is hoofsaaklik die rietbeddings in die vleilande op grond van die Harmony-goudmyn en di&#x00E9; in die suide van Krugersdorp se Wildreservaat aan die suur mynwater blootgestel. Teen 2007 het die suur mynwater nog nie die Seekoeidam in die suide van die natuurreservaat bereik nie (Heyl <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2007</xref>).</p>
<p>Teen 2009 het die suur mynwater die Seekoeidam gevul en het dit deur die vleiland noord van die damwal gestroom (Muller <xref ref-type="bibr" rid="CIT0030">2009</xref>). In 2011 het die suur mynwater reg deur die Krugersdorp-Wildreservaat tot in die Rietspruit noord daarvan gevloei. Die Rietspruit het oorspronklik al die water van die Tweelopiespruit in drie damme opgevang waarvandaan dit in die onderliggende dolomitiese akwifer gevloei het.</p>
<p>Op 11 Januarie 2011, na dae se swaar re&#x00EB;n, het miljoene liter suur mynwater uit die mynholte opgewel en in die Tweelopiespruit-Rietspruit-Bloubankspruit-rivierstelsel gevloei. Die massa water het veroorsaak dat Rietspruit die wal van die laaste dam in die rivier oorstroom het en die gebied tussen die Malmani-pad en die Bloubankspruit tydelik in &#x2019;n moeras verander het. Tans is die Rietspruit &#x2019;n standhoudende rivier wat die Tweelopiespruit met die Bloubankspruit verbind. &#x2019;n Nuwe vleiland het langs die verlenging van die Rietspruit onderweg na die Bloubankspruit ontstaan.</p>
<p>Die eienaar van die plaas Koelenhof het water van die Bloubankspruit in sy dam gepomp waarna die visse in die dam gevrek het. &#x2019;n Analise van die watermonsters het getoon dat die water in die Tweelopiespruit by Koelenhof die tipiese kenmerke van suur mynwater gehad het, naamlik dat dit baie suur was (pH 3.6) en &#x2019;n ho&#x00EB; sulfaatinhoud en metaalvlakke gehad het (<xref ref-type="table" rid="T0002">Tabel 2</xref>). Die suur mynwater het met ander woorde meer as 20 km stroomaf van die myn deur Krugersdorp se Wildresrevaat en tot diep in die Wieg van die Mensdom in gedring (Durand <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2012</xref>). Daar is egter &#x2019;n meningsverskil oor die oorsaak van die visvrekte. Hobbs en Mills (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">2011</xref>) het voorgestel dat die rivierwater anoksies was omdat die bakteriebesmette uitvloei van die Percy Steward-rioolplaas, deur die Blougatspruit, in die Bloubankspruit kon beland het.</p>
<p>Na die oorstroming van die Rietspruit in Februarie 2011 het die watervlak van die rivier herstel en het die watergehalte ietwat verbeter (<xref ref-type="table" rid="T0003">Tabel 3</xref>). Suur mynwater vloei egter steeds permanent in die Tweelopiespruit en die Rietspruit (<xref ref-type="table" rid="T0004">Tabel 4</xref>). Danksy die water van die Blougatspruit en die Zwartkransfontein, suid van Koelenhof, word die suur mynwater verdun en verbeter die gehalte van die water ten opsigte van suurvlak, metale en sulfaatsoute.</p>
<p>Die effek van die suur mynwater op organismes in die Tweelopiespruit-Rietspruit-Bloubankspruit-rivierstelsel is duidelik. Die eerste akwatiese makro-invertebraatopname, wat in 2007 in Krugersdorp se Wildreservaat gedoen is, het aangetoon dat die biodiversiteit in die Tweelopiespruit afneem, hoe nader die versamelpunt aan die myn is (Heyl <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2007</xref>). In 2007 was die waterkwaliteit van die Tweelopiespruit in die Krugerdorp-Wildreservaat nog goed gemeet aan die diversiteit van die akwatiese makro-invertebrate. By die uitvloei van die ou Kalkmyndam in die noorde van die reservaat was daar altesaam 11 akwatiese makro-invertebraatfamilies, terwyl sewe families in die vleiland suid van die Seekoeidam teenwoordig was. Daar was egter slegs drie families in die invloei van die Tweelopiespruit in die suide van Krugersdorp se Wildreservaat (Heyl <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2007</xref>).</p>
<p>Die suurgehalte van die Rietspruit wissel vanaf 2011 tussen pH 2.6 en pH 3.1, terwyl die suurgehalte van die Tweelopiespruit tussen pH 2.6 en pH 3.0 wissel. Die metaal- en sulfaatvlakke het terselfdertyd toegeneem (Tabelle 2, 3 en 4). Die diversiteit van akwatiese makro-invertebrate in die Tweelopiespruit-Rietspruit-Bloubankspruit-rivierstelsel het weens die invloei van suur mynwater teen 2011 geweldig afgeneem,vergeleke met die diversiteit wat in 2003 daar voorgekom het (Van Staden <xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">2003</xref>) (<xref ref-type="table" rid="T0005">Tabel 5</xref>). Die Rietspruit en Tweelopiespruit het vanaf 2011 geen akwatiese makro-invertebrate nie (Durand <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2012</xref>). Akwatiese makro-invertebrate word soms in die water naby die Lodgefontein en Flip-se-gatfontein in die Krugersdorp-Wildreservaat gevind, maar hulle verdwyn verder stroomaf waar die fonteinwater met die hoofstroom meng.</p>
<p>Alhoewel die watergehalte van die Rietspruit en Tweelopiespruit so agteruitgegaan het dat makro-invertebrate afwesig is, het die watergehalte van die Bloubankspruit vanaf 2011 tot 2012 verbeter. Die suurgehalte van die water in die Bloubankspruit by Koelenhof was in Februarie 2012 pH 7.2. Die makro-invertebrate in die Bloubankspruit by Koelenhof het in 2011 hoofsaaklik uit muggie- en eendagvlieglarwes bestaan. Hierdie families &#x2013; die Chironomidae en die Baetidae &#x2013; is meer bestand teen besoedeling. Teen Februarie 2012 was daar egter ook by Koelenhof, benewens die Chironomidae en Baetidae, die meer besoedelingsensitiewe groepe Hydropsychidae, Gomphidae, Coenagrionidae, Corixidae, Gyrinidae en Potamonautitidae teenwoordig.</p>
<p>Suur mynwater het &#x2019;n negatiwe impak op plante, diere en mense in die omgewing van myne (Bain <italic>et al.</italic> <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1994</xref>; Coetzee, Winde &#x0026; Wade <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2006</xref>). Hoe ho&#x00EB;r die konsentrasie van suur mynwater in rivierstelsels is, hoe meer neem die hoeveelheid en diversiteit van akwatiese makro-invertebrate af (Adendorff <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1997</xref>; Durand <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2012</xref>). Visse, amfibi&#x00EB;e, reptiele, vo&#x00EB;ls en soogdiere word direk deur die suurgehallte, toksisiteit en radioaktiwiteit van suur mynwater bedreig en indirek deur die verlies van voedselbronne en die degradering van die habitat (De Wet <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1996</xref>; Du Toit <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2006</xref>).</p>
<p>Die swaelsuur in suur mynwater los rotse, gruis en sand op en stel die metale soos mangaan, aluminium, yster, nikkel, sink, kobalt, koper, lood, radium, torium en uraan daarin vry (Kleywegt <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1977</xref>; Jones <italic>et al.</italic> <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1988</xref>; Venter <xref ref-type="bibr" rid="CIT0038">1995</xref>). Hierdie metale word opgeneem deur organismes wat aan suur mynwater blootgestel word. Die effek van di&#x00E9; metale op organismes hang van die konsentrasie van die metale en die tydperk van blootstelling af. Die metale wat in die weefsel van organismes opgeneem word, wissel van spesie tot spesie.</p>
<p>Die vlakke van verskeie metale, onder meer aluminium, yster, mangaan, nikkel en uraan in die rivierstelsel in Krugersdorp se Wildreservaat oorskry vanaf 2009 die aanvaarbare, toelaatbare vlakke van hierdie metale in drinkwater of besproeiingswater. Vanaf 2011 is die riviere in die suide van die Wieg van die Mensdom-W&#x00EA;relderfenisgebied op soortgelyke wyse deur suur mynwater besoedel.</p>
<p>Die voorgestelde aluminiumkonsentrasie in drinkwater is 0 mg/L &#x2013; 0.15 mg/L (DWAF <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">1996a</xref>). Alhoewel aluminium se impak op menslike gesondheid nie goed bekend is nie, word daar vermoed dat blootstelling aan konsentrasies ho&#x00EB;r as 0.5 mg/L &#x2019;n negatiewe neurologiese impak op mense sal h&#x00EA;. Die konsentrasie aluminium in die Tweelopiespruit by die invloei van Krugersdorp se Natuurreservaat was 3.62 mg/L en in die Rietspruit was dit 2.04 mg/L in 2011 (sien <xref ref-type="table" rid="T0003">Tabel 3</xref>), maar in 2014 het dit tot 1.22 mg/L in die Tweelopiespruit en tot 0.791 mg/L in die Rietspruit gedaal (sien <xref ref-type="table" rid="T0004">Tabel 4</xref>).</p>
<p>Die ysterkonsentrasie in die Tweelopiespruit-Rietspruit-Bloubankspruit-rivierstelsel is veel ho&#x00EB;r as wat in drinkwater toelaatbaar is. Die optimale ysterkonsentrasie in drinkwater is veronderstel om 0 mg/L &#x2013; 01 mg/L te wees (DWAF <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">1996a</xref>). Die ysterkonsentrasie in besproeiingswater is veronderstel om op die meeste 5 mg/L &#x2013; 20 mg/L te wees (DWAF <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">1996b</xref>). In 2014 het die ysterkonsentrasie by Versamelpunt 2 tussen 1.19 mg/L en 87 mg/L by Versamelpunt 6 gewissel (sien <xref ref-type="table" rid="T0004">Tabel 4</xref>). In Junie 2011 is &#x2019;n ysterkonsentrasie van 252 mg/L by die invloei van die Tweelopiespruit in Krugersdorp se Natuurreservaat (Versamelpunt 7) gemeet (sien <xref ref-type="table" rid="T0003">Tabel 3</xref>). Wanneer ysterkonsentrasie in water 10 mg/L oorskry, begin chroniese gesondheidsprobleme by mense voorkom wat dit drink en wanneer dit 20 mg/L oorskry, begin dit &#x2019;n nadelige effek op plante te h&#x00EA; (DWAF <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">1996a</xref>; DWAF <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">1996b</xref>).</p>
<p>Die aanvaarbare vlakke vir mangaan in drinkwater is 0 mg/L &#x2013; 0.05 mg/L en vir lewende hawe is dit 0 mg/L &#x2013; 10 mg/L (DWAF <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">1996c</xref>). Die mangaankonsentrasie in die water in die rivierstelsel het in Februarie 2011 tussen 2.8 mg/L in die noordelike deel van die Bloubankspruit (Versamelpunt 1) en 92 mg/L by Versamelpunt 7 gewissel (<xref ref-type="table" rid="T0002">Tabel 2</xref>). Teen 2014 het die konsentrasie van mangaan tot 36 mg/L in die Tweelopiespruit by Versamelpunt 7 gedaal (<xref ref-type="table" rid="T0004">Tabel 4</xref>).</p>
<p>Daar is &#x2019;n ho&#x00EB; konsentrasie kalsium en magnesium in die water van hierdie rivierstelsel. Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die dolomitiese gesteentes wat in di&#x00E9; gebied voorkom wat deur die suur mynwater opgelos word en in die proses kalsium en magnesium vrystel. Alhoewel hierdie twee metale nie dieselfde toksiese bedreiging vir mense en diere inhou nie, dien die ho&#x00EB; konsentrasies van die metale in die water steeds as goeie indikator van die impak van die suur mynwater op die omgewing. Die kalsium en magnesium word saam met ander metale, veral yster en sulfaatverbindings verder stroomaf as &#x2019;n ondeurdringbare kors op die rivierbedding afgeset. Hierdie kors, wat gedeeltelik uit <italic>yellow boy</italic> of ysterhidroksied bestaan, sluit bentiese organismes uit wat baie nadelig vir die ekologie in die gebied is (Durand <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2012</xref>).</p>
<p>Die konsentrasie van kalsium en magnesium bepaal die hardheid van water (DWAF <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">1996a</xref>). Beide is essensi&#x00EB;le elemente en drinkwater kan &#x2019;n belangrike bron van hierdie elemente wees. &#x2019;n Mens is veronderstel om 500 mg &#x2013; 1400 mg kalsium per dag in te neem en ongeveer 250 mg magnesium per dag. Die voorgestelde konsentrasie van kalsium in drinkwater is 0 mg/L &#x2013; 32 mg/L en di&#x00E9; van magnesium is 0 mg/L &#x2013; 30 mg/L (DWAF <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">1996a</xref>). Wanneer magnesium in konsentrasies ho&#x00EB;r as 100 mg/L voorkom, soos in die Tweelopiespruit (sien <xref ref-type="table" rid="T0004">Tabel 4</xref>), sal dit sensitiewe mense se mae omkrap.</p>
<p>Die sulfaatsoute wat met suur mynwater in &#x2019;n dolomietryke omgewing voorkom, speel &#x2019;n groot rol in die agteruitgang van die oewerbos. Die plante wat oorspronklik op die oewer van die Tweelopiespruit voorgekom het, is grootliks deur die soutbestande <italic>Phragmites australis</italic> verplaas. Die omstandighede in Robinsonmeer het egter so agteruitgegaan dat selfs <italic>Phragmites</italic> begin vrek het (sien <xref ref-type="fig" rid="F0003">Figuur 3</xref>). Plante het egter die vermo&#x00EB; om groot hoeveelhede metale te absorbeer sonder om te vrek. In &#x2019;n onlangse studie (Van Deventer &#x0026; Cho <xref ref-type="bibr" rid="CIT0035">2014</xref>) is daar gevind dat die risome van <italic>Phragmites</italic> in die Tweelopiespruit 11 800 mg/kg aluminium, 14 600mg/kg yster, 701 mg/kg mangaan, 125 mg/kg nikkel, 9 mg/kg lood, 73 mg/kg sink en 16 mg/kg uraan bevat het. Die water waarin die riete gestaan het, het egter slegs 0.17 mg/L aluminium, 2.61 mg/L yster, 5.8 mg/L mangaan, 0.09 mg/L nikkel, 0.02 mg/L lood, 0.025 mg/L sink en 0.001 mg/L uraan bevat(sien <xref ref-type="table" rid="T0006">Tabel 6</xref>: &#x2019;n Vergelyking van die konsentrasies van sekere metale in die water, modder en die risome van die riet <italic>Phragmites</italic> langs die Tweelopiespruit). Die metale in die plantweefsel sal beskikbaar wees vir enige herbivoor wat die aangetaste plante eet.</p>
<table-wrap id="T0006">
<label>TABEL 6</label>
<caption><p>&#x2019;n Vergelyking van die konsentrasies van sekere metale in die water, modder en die risome van die riet <italic>Phragmites</italic> langs die Tweelopiespruit</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Monster</th>
<th valign="top" align="center">Al</th>
<th valign="top" align="center">Fe</th>
<th valign="top" align="center">Mn</th>
<th valign="top" align="center">Ni</th>
<th valign="top" align="center">Pb</th>
<th valign="top" align="center">U</th>
<th valign="top" align="center">Zn</th>
</tr>
</thead>
<tbody>
<tr>
<td align="left">Water (mg/L)</td>
<td align="center">0.17l</td>
<td align="center">2.61</td>
<td align="center">5.8</td>
<td align="center">0.09</td>
<td align="center">0.02</td>
<td align="center">0.001</td>
<td align="center">0.025</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Modder (mg/kg)</td>
<td align="center">26 700</td>
<td align="center">24 900</td>
<td align="center">3400</td>
<td align="center">280</td>
<td align="center">19</td>
<td align="center">19</td>
<td align="center">114</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Risome (mg/kg)</td>
<td align="center">11 800</td>
<td align="center">14 600</td>
<td align="center">701</td>
<td align="center">125</td>
<td align="center">9</td>
<td align="center">16</td>
<td align="center">73</td>
</tr>
</tbody>
</table>
<table-wrap-foot>
<fn><p>Al, aluminium; Fe, yster; Mn, mangaan; Ni, nikkel; Pb, lood; U, uraan; Zn, sink.</p></fn>
<fn><p><italic>Bron</italic>: Gegrond op Van Deventer, H. &#x0026; Cho, M.A., 2014, &#x2018;Assessing leaf spectral properties of <italic>Phragmites australis</italic> impacted by acid mine drainage&#x2019;, <italic>South African Journal of Science</italic>, 110(7/8), 71a &#x2013; 82</p></fn>
</table-wrap-foot>
</table-wrap>
<fig id="F0003">
<label>FIGUUR 3</label>
<caption><p>Die oewer van Robinsonmeer waar die oorblyfsels van die riet <italic>Phragmites</italic> gesien kan word.</p></caption>
<graphic xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xlink:href="SATNT-35-1367-g003.tif"/>
</fig>
<p>Volgens die studie van Van Deventer en Cho (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0035">2014</xref>) is dit duidelik dat bentiese organismes wat op die rivierbodem leef, blootgestel word aan geweldige ho&#x00EB; konsentrasies metale in gebiede wat deur suur mynwater aangetas is. Die konsentrasie aluminium in die modder van die rivierbodem by Versamelpunt 1 was 26 700 mg/kg teenoor 0.17 mg/L in die water in 2013. Die konsentrasie yster hier was 24 900 mg/kg in die modder teenoor 2.61 mg/L in die water. Die konsentrasie mangaan was 3400 mg/kg in die modder teenoor 5.8 mg/L in die water. Die konsentrasie nikkel was 280 mg/kg in die modder teenoor 0.09 mg/L in die water. Die konsentrasie lood was 19 mg/L in die modder teenoor 0.02 mg/L in die water. Die konsentrasie sink was 114 mg/kg in die modder teenoor 0.025 mg/L in die water, en die konsentrasie uraan was 19 mg/kg in die modder teenoor 0.001 mg/L in die water (sien <xref ref-type="table" rid="T0006">Tabel 6</xref>). Die konsentrasies metale was met ander woorde in sekere gevalle selfs duisende kere ho&#x00EB;r in die modder as in die water.</p>
<p>Metale soos koper, lood en sink word deur werweldiere in die lewer, gonade en skelet opgeneem (Bain <italic>et al</italic>. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1994</xref>), terwyl yster, sink, nikkel en lood deur invertebrate opgeneem word (Adendorf <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1997</xref>). Hierdie metale kan na mense oorgedra word wat aangetaste plante en diere eet (Bain <italic>et al.</italic> <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1994</xref>; De Wet <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1996</xref>). Die opname van metale kan nekrose, gewasse, kanker en die agteruitgang van die spysvertering-, kardiovaskul&#x00EA;re en urogenitale stelsel van werweldiere veroorsaak (Venter <xref ref-type="bibr" rid="CIT0038">1995</xref>; Adendorff <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1997</xref>, Jooste &#x0026; Thirion <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">1999</xref>). Selfs lae konsentrasies van swaarmetale soos uraan en lood kan &#x2019;n groot negatiewe impak op die senu- en endokriene stelsel van werweldiere h&#x00EA; (Konietzka, Dieter &#x0026; Voss <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2005</xref>).</p>
<p>Aangesien metale deur &#x2019;n groot verskeidenheid organismes soos plante, ongewerweldes en werweldiere opgeneem kan word, is daar die gevaar van bio-akkumulasie. Bio-akkumulasie vind plaas wanneer diere ander organismes eet wat reeds deur metale aangetas is. Die effek van bio-akkumalsie word al hoe erger, hoe ho&#x00EB;r in die voedselketting die organisme is deurdat karnivore verskeie aangetaste prooi-organismes kan opeet en die metale al hoe meer gekonsentreered in hulle liggame sal begin voorkom (Kang <italic>et al.</italic> <xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">1997</xref>).</p>
<p>Daar is meer uraan in die gesteentes van die Witwatersrand Supergroep as goud en ons goudmyne is terselfdertyd ook ons uraanmyne. Daar is volgens berekening meer 100 000 ton uraan gestort in die slikdamme van die Witwatersrand na die insinking van die uraanmark (Coetzee <italic>et al</italic>. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2006</xref>). Al die dogterelemente wat uit die radioaktiewe verval van uraan ontstaan soos torium, protaktinium, radium, polonium, bismut en lood kom ook in suur mynwater voor. Benewens die toksiese effek van swaarmetale is dit radioaktief. Radioaktiewe elemente kom in die water en in die sedimente in die omgewing rondom die goudmyne voor (Coetzee <italic>et al</italic>. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2006</xref>). Die inname van radioaktiewe swaarmetale soos uraan veroorsaak o.m. die beskadiging van die niere in werweldiere (Hursh &#x0026; Spoor <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">1973</xref>). Dit kan ook die senuweestelsel be&#x00EF;nvloed en tot blindheid, verlamming en die verlies van ko&#x00F6;rdinasie lei. Dit kan ook veranderings in bloed, bindweefsel en die immuun- en endokriene stelsel en kanker veroorsaak (Durand <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2012</xref>).</p>
<p>Die swaelsuur in suur mynwater reageer met dolomiet en vorm sodoende sulfaat. Ho&#x00EB; konsentrasies van sulfate is ook &#x2019;n bedreiging vir lewe (Durand <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2012</xref>). Die inname van water met konsentrasies sulfaat ho&#x00EB;r as 600 mg/L sal braking en maagwerkings by mense veroorsaak veral in die teenwoorigheid van magnesium. Die suur mynwater wat in 2005 uit Harmony-myn se skagte gevloei het, het 4500 mg/L sulfate bevat (Fourie <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">2005</xref>), terwyl die water in Robinsonmeer 5055 mg/L sulfate in 2007 bevat het (Heyl <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2007</xref>). Plante word ook negatief deur sulfaat in water geraak. Die oorspronklike oewerbos wat langs die Tweelopiespruit voorgekom het, is grootliks deur die soutbestande riet <italic>Phragmites</italic> verplaas (Durand <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2012</xref>).</p>
<p>Die ysterhidroksied en ystersulfaat wat deur suur mynwater gevorm word, vorm &#x2019;n ondeurdringbare laag op die bodem van die besoedelde riviere op plekke veral naby die bron van suur mynwater en dolomiet. Dit veroorsaak dat bentiese organismes nie meer in die modder kan leef nie. Talle werweldiere soos visse, paddas en watervo&#x00EB;ls, wat van hierdie akwatiese invertebrate as kosbron afhanklik is, het uit die Tweelopiespruit en Rietspruit verdwyn na die suur mynwater in die rivierstelsel begin invloei het en die kors oor die bodem gevorm het.</p>
<sec id="s0009">
<title>Slot</title>
<p>Die Tweelopiespruit was oorspronklik een van die belangrikste lewensare aan die Wes-Rand. Die watergehalte het oor die laaste dekade sodanig afgeneem dat dit ondrinkbaar is en ook nie meer vir besproeiing gebruik kan word nie. Die akwatiese makro-invertebrate is grootliks afwesig in die Tweelopiespruit en die Rietspruit waarvan die suurgehalte vanaf 2011 tussen pH 2.4 en 4.6 wissel. Die afwesigheid van makro-invertebrae in die rivierstelsel het &#x2019;n groot impak op die res van die ekologie. Werweldiere soos visse, amfibi&#x00EB;e of watervo&#x00EB;ls, wat nog in 2007 in die gebied voorgekom het, is nou afwesig, veral in die Tweelopiespruit en Rietspruit. Die oorspronklike oewerbos langs die geaffekteerde riviere is grootliks deur die soutbestande riet <italic>Phragmites</italic> verplaas. Die Bloubankspruit vloei deur die suidelike deel van die Wieg van die Mensdom verby verskeie fossielvindplekke soos Bolt&#x2019;s Farm, Rising Star (Dinaledi), Swartkrans, Sterkfontein, Minnaars, Coopers, Kromdraai en Plovers Lake. Die agteruitgang van die watergesondheid van die rivierstelsel wat deur die Wieg van die Mensdom W&#x00EA;relderfenisgebied vloei, is kommerwekkend t.o.v. die effek daarvan op die akwatiese organismes, oewerbosse van die rivier en die gesondheid van mense en diere wat van die water afhanklik is, veral in hierdie gebied waar daar geen munisipale watervoorsiening is nie. Die agteruitgang van die ekologie in die gebied sal ook &#x2019;n negatiewe uitwerking op die gebied as een van die belangrikste toerisme-aantrekkings in Gauteng h&#x00EA;.</p>
</sec>
</sec>
</body>
<back>
<ack>
<title>Erkenning</title>
<sec id="s20010">
<title>Mededingende belange</title>
<p>Die outeur verklaar dat hy geen finansi&#x00EB;le of persoonlike verbintenis met enige party wat hom nadelig of voordelig kon be&#x00EF;nvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.</p>
</sec>
</ack>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Adendorff</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>1997</year>, &#x2018;<chapter-title>Effects of mining activities on selected aquatic organisms</chapter-title>&#x2019;, <comment>Ph.D. thesis</comment>, <publisher-name>Rand Afrikaans University</publisher-name>, <publisher-loc>Johannesburg</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bain</surname>, <given-names>C.A.R</given-names></string-name>., <string-name><surname>Schoonbee</surname>, <given-names>H.J</given-names></string-name>., <string-name><surname>De Wet</surname>, <given-names>L.P.D</given-names></string-name>., <string-name><surname>Hancke</surname>, <given-names>J.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1994</year>, &#x2018;<article-title>Investigations into the concentration ratios of selected radionuclides in aquatic ecosystems affected by mine drainage effluents with reference to the study of potential pathways to man</article-title>,&#x2019; <comment>Water Research Commission Report no. 313, 95pp</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Coetzee</surname>, <given-names>H</given-names></string-name>., <string-name><surname>Winde</surname>, <given-names>F</given-names></string-name>., <string-name><surname>Wade</surname>, <given-names>P.W</given-names></string-name></person-group>., <year>2006</year>, &#x2018;<article-title>An assessment of sources, pathways, mechanisms and risks of current and potential future pollution of water and sediments in gold-mining areas of the Wonderfonteinspruit catchment</article-title>&#x2019;, <comment>Water Research Commission, Report No.1214/06</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>De Lange</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, &#x2018;<article-title>Myn kaal gestroop</article-title>&#x2019;, <comment>Sake 24</comment>, <source><italic>Beeld</italic></source>, <conf-date>19 Junie</conf-date>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>De Wet</surname>, <given-names>L.P.D</given-names></string-name></person-group>., <year>1996</year>, &#x2018;<chapter-title>The occurrence and bio-accumulation of selected metals and radionuclides in aquatic and terrestrial ecosystems on the Witwatersrand</chapter-title>&#x2019;, <comment>unpublished Ph.D. thesis</comment>, <publisher-name>Rand Afrikaans University</publisher-name>, <publisher-loc>Johannesburg</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Durand</surname>, <given-names>J.F</given-names></string-name></person-group>., <year>2012</year>, &#x2018;<article-title>The impact of gold mining on the Witwatersrand on the rivers and karst system of Gauteng and North West Province, South Africa</article-title>&#x2019;, <source><italic>Journal of African Earth Sciences</italic></source> <volume>68</volume>:<fpage>24</fpage>&#x2013;<lpage>43</lpage>. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.1016/j.jafrearsci.2012.03.013">http://dx.doi.org/10.1016/j.jafrearsci.2012.03.013</ext-link></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Du Toit</surname>, <given-names>S</given-names></string-name></person-group>., <year>2006</year>, &#x2018;<chapter-title>Practical applications &#x2013; Effect of mine water drainage on the Krugersdorp Game Reserve</chapter-title>&#x2019;, in <source><italic>Proceedings on the conference on mine water decant</italic></source>, <conf-date>14&#x2013;15 October 2006</conf-date>, <publisher-name>Randfontein, South Africa, Mine Water Division</publisher-name>, <publisher-loc>Water Institute of South Africa</publisher-loc>. <comment>8pp</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><collab>DWAF (Department of Water Affairs and Forestry of the Republic of South Africa)</collab></person-group>, <year>1996a</year>, &#x2018;<article-title>South African Water Quality Guidelines</article-title>&#x2019;, Volume <volume>1</volume>: <source><italic>Domestic Water Use</italic></source>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><collab>DWAF (Department of Water Affairs and Forestry of the Republic of South Africa)</collab></person-group>, <year>1996b</year> &#x2018;<article-title>South African Water Quality Guidelines</article-title>&#x2019;, Volume <volume>4</volume>: <source><italic>Agricultural use: Irrigation</italic></source>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0010"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><collab>DWAF (Department of Water Affairs and Forestry of the Republic of South Africa)</collab></person-group>, <year>1996c</year>, &#x2018;<article-title>South African Water Quality Guidelines</article-title>&#x2019;, Volume <volume>5</volume>: <source><italic>Agricultural use: Livestock watering.</italic></source></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0011"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Enslin</surname>, <given-names>J.F</given-names></string-name>., <string-name><surname>Kleywegt</surname>, <given-names>R.J</given-names></string-name>., <string-name><surname>Beukes</surname>, <given-names>J.H.T</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Gordon-Welsh</surname>, <given-names>J.F</given-names></string-name></person-group>., <year>1976</year>, &#x2018;<article-title>Artificial recharge of dolomitic ground-water compartments in the Far West Rand Gold Fields of South Africa</article-title>&#x2019;, <source><italic>Geological Survey of South Africa</italic></source>, <comment>Report 0249</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0012"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Eriksson</surname>, <given-names>P.G</given-names></string-name>., <string-name><surname>Altermann</surname>, <given-names>W</given-names></string-name>., <string-name><surname>Catuneanu</surname>, <given-names>O</given-names></string-name>., <string-name><surname>van der Merwe</surname>, <given-names>R</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Bumby</surname>, <given-names>A.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2001</year>, &#x2018;<article-title>Major influences on the evolution of the 2.67-2.1 Ga Tranvaal basin, Kaapvaal craton</article-title>&#x2019;, <source><italic>Sedimentary Geology</italic></source>, <volume>141/142</volume>, <fpage>205</fpage>&#x2013;<lpage>231</lpage>. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.1016/S0037-0738(01)00075-6">http://dx.doi.org/10.1016/S0037-0738(01)00075-6</ext-link></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0013"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Fourie</surname>, <given-names>M</given-names></string-name></person-group>., <year>2005</year>, &#x2018;<chapter-title>A rising acid tide</chapter-title>&#x2019;, <publisher-name>Johannesburg</publisher-name> <source><italic>Mail and Guardian</italic></source>, <publisher-loc>South Africa</publisher-loc>, <conf-date>12 April</conf-date>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0014"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><collab>Geologiese Opname</collab></person-group>, <year>1970</year>, <source><italic>1:1 000 000 Geologie Kaart vir Suid-Afrika, Lesotho en Swaziland</italic></source>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0015"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Heyl</surname>, <given-names>A.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2007</year>, &#x2018;<chapter-title>Effect of mining effluent on the distribution of fresh water invertebrates in the Tweelopiespruit, Gauteng</chapter-title>&#x2019;, <publisher-name>ongepubliseerde honeursprojek, Departement van Dierkunde</publisher-name>, <publisher-loc>Universiteit van Johannesburg, Johannesburg</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0016"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Hobbs</surname>, <given-names>P.J</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Cobbing</surname>, <given-names>J.E</given-names></string-name></person-group>., <year>2007</year>, &#x2018;<article-title>A hydrogeological assessment of acid mine drainage impacts in the West Rand Basin, Gauteng Province</article-title>&#x2019;, <comment>Rep. no. CSIR/NRE/WR/ER/2007/0097/C. CSIR</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0017"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Hobbs</surname>, <given-names>P.J</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Mills</surname>, <given-names>P.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, &#x2018;<chapter-title>The Koelenhof farm fish mortality event of mid-January 2011</chapter-title>&#x2019;, <source><italic>Report for the Management Authority, Cradle of Humankind World Heritage Site &#x0026; Dinokeng</italic></source>, <publisher-name>Department of Economic Development</publisher-name>, <publisher-loc>Gauteng Provincial Government</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0018"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Holtzhausen</surname>, <given-names>L</given-names></string-name></person-group>., <year>2006</year>, &#x2018;<article-title>Mine-water treatment</article-title>&#x2019;, <source><italic>The Water Wheel</italic></source>, <comment>May/June</comment>, pp. <fpage>19</fpage>&#x2013;<lpage>21</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0019"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Hursh</surname> <given-names>J.B</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Spoor</surname> <given-names>N.L</given-names></string-name></person-group>., <year>1973</year>, &#x2018;<chapter-title>Data on man</chapter-title>&#x2019;, in <source><italic>Handbook of experimental pharmacology 36. Uranium, plutonium, transplutonic elements,</italic></source> <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>H.C</given-names>. <surname>Hodge</surname></string-name> <etal>et al</etal></person-group>., (eds.) <fpage>197</fpage>&#x2013;<lpage>240</lpage>, <publisher-name>Springer-Verlag</publisher-name>, <publisher-loc>Berlin</publisher-loc>. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.1007/978-3-642-65551-7_4">http://dx.doi.org/10.1007/978-3-642-65551-7_4</ext-link></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0020"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Jones</surname>, <given-names>G.A</given-names></string-name>., <string-name><surname>Brierly</surname>, <given-names>S.E</given-names></string-name>., <string-name><surname>Geldenhuis</surname>, <given-names>S.J.J</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Howard</surname>, <given-names>JR</given-names></string-name></person-group>., <year>1988</year>, &#x2018;<article-title>Research on the contribution of mine dumps to the pollution load in the Vaal Barrage</article-title>&#x2019;, <source><italic>Water Research Commission</italic></source>, <comment>Report Pt.3632/10</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0021"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Jooste</surname>, <given-names>S</given-names></string-name>., <string-name><surname>Thirion</surname>, <given-names>C</given-names></string-name></person-group>., <year>1999</year>, &#x2018;<article-title>An ecological risk assessment for a South African acid mine drainage</article-title>&#x2019;, <source><italic>Water Science and Technology</italic></source> <volume>39</volume>(<issue>10&#x2013;11</issue>), <fpage>297</fpage>&#x2013;<lpage>303</lpage>. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.1016/S0273-1223(99)00289-9">http://dx.doi.org/10.1016/S0273-1223(99)00289-9</ext-link></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0022"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Kang</surname>, <given-names>Y.-S</given-names></string-name>., <string-name><surname>Matsuda</surname>, <given-names>M</given-names></string-name>., <string-name><surname>Kawano</surname>, <given-names>M</given-names></string-name>., <string-name><surname>Wakimoto</surname>, <given-names>T</given-names></string-name>., <string-name><surname>Min</surname>, <given-names>B.-Y</given-names></string-name></person-group>., <year>1997</year>, &#x2018;<article-title>Organochlorine pesticides, polychlorinated biphenyls, polychlorinated dibenzo-p-dioxins and dibenzofurans in human adipose tissue from western Kyungnam, Korea</article-title>&#x2019;, <source><italic>Chemosphere</italic></source>, <volume>35</volume>, <fpage>2107</fpage>&#x2013;<lpage>2117</lpage>. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.1016/S0045-6535(97)00289-0">http://dx.doi.org/10.1016/S0045-6535(97)00289-0</ext-link></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0023"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Kleywegt</surname>, <given-names>R.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1977</year>, &#x2018;<article-title>Memorandum oor die moontlike gevaar wat geskep word deur water vanaf die &#x201C;Western Areas Gold Mining Co. Ltd.&#x201D; na die Rietspruit te laat vloei</article-title>&#x2019;, <source><italic>Geological Survey of South Africa Technical Report No. 0141.</italic></source></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0024"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Konietzka</surname>, <given-names>R</given-names></string-name>., <string-name><surname>Dieter</surname>, <given-names>H.H</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Voss</surname>, <given-names>J-U</given-names></string-name></person-group>., <year>2005</year>, &#x2018;<article-title>Vorschlag f&#x00FC;r einen gesundheitlichen Leitwert f&#x00FC;r Uran in Trinkwasser</article-title>&#x2019;, in <source><italic>Umweltmedizin in Forshung und Praxis</italic></source> <volume>10</volume>, <fpage>33</fpage>&#x2013;<lpage>143</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0025"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Krige</surname>, <given-names>G</given-names></string-name></person-group>., <year>2006</year>, &#x2018;<article-title>Hydrological/chemical aspects of the Tweelopie / Riet / Blaauwspruit with specific reference to the impact water, decanting from the Western Basin Mine Void has on the system</article-title>&#x2019;, <source><italic>EIA Report prepared for Harmony Gold Mining Limited.</italic></source></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0026"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Krige</surname> <given-names>W.G</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Van Biljon</surname> <given-names>M</given-names></string-name></person-group>., <year>2010</year>, &#x2018;<chapter-title>The impact of mining on the water resources and water-based ecosystems of the Cradle of Humankind World Heritage Site</chapter-title>&#x2019;, in <source><italic>The Karst system of the Cradle of Humankind World Heritage Site, Water Research Commission</italic></source>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>, pp. <fpage>160</fpage>&#x2013;<lpage>188</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0027"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author">Mc<string-name><surname>Carthy</surname>, <given-names>T</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Rubidge</surname>, <given-names>B</given-names></string-name></person-group>., <year>2005</year>, <source><italic>Earth and Life. Kumba Resources</italic></source>, <publisher-name>Struik</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0028"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Mendelsohn</surname>, <given-names>F</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Potgieter</surname>, <given-names>C.T</given-names></string-name></person-group>., <year>1986</year>, <source><italic>Guidebook to sites of geological and mining interest on the Central Witwatersrand</italic></source> <publisher-name>Geological Society of South Africa and the South African Institute of Mining and Metallurgy</publisher-name>, <publisher-loc>Johannesburg</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0029"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Morgan</surname>, <given-names>D.J</given-names></string-name>., <string-name><surname>Brink</surname>, <given-names>A.B</given-names></string-name></person-group>., <year>1984</year>, &#x2018;<chapter-title>The far West Rand dolomites</chapter-title>&#x2019;, <source><italic>Proceedings of the International Conference on Ground Water Technology</italic></source>, <publisher-name>Johannesburg</publisher-name>, <publisher-loc>South Africa</publisher-loc>, <volume>2</volume>, <fpage>554</fpage>&#x2013;<lpage>573</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0030"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Muller</surname> <given-names>G</given-names></string-name></person-group>., <year>2009</year>, &#x2018;<chapter-title>A base-line study of insects in the riparian zone of the Tweelopie Spruit in the Krugersdorp Nature Reserve</chapter-title>&#x2019;, <publisher-name>unpublished B.Sc. Hons. project</publisher-name>, <publisher-loc>University of Johannesburg</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0031"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="editor">O&#x2019;<string-name><surname>Flaherty</surname>, <given-names>A.E</given-names></string-name>. (ed.)</person-group>, <year>1903</year>, <source><italic>Water, dams, pumps and drainage</italic></source> <publisher-name>South African Mines Commerce and Industries</publisher-name>, Vol.<volume>1</volume>(<issue>2</issue>).</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0032"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Schneiderhan</surname>, <given-names>E.A</given-names></string-name></person-group>., <year>2008</year>, &#x2018;<chapter-title>Neoarchaean clastic rocks on the Kaapvaal Craton: Provenance analyses and geotectonic implications</chapter-title>&#x2019;, <comment>unpublished Ph.D. thesis</comment>, <publisher-name>University of Johannesburg</publisher-name>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0033"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Scott</surname>, <given-names>R</given-names></string-name></person-group>., (<year>1995</year>), <source><italic>Flooding of Central and East Rand gold mines &#x2013; An investigation into controls over the inflow rate, water quality and the predicted impacts of flooded mines</italic></source>, <comment>Report No. 486/1/95</comment>, <publisher-name>Water Research Commission</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0034"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Truswell</surname>, <given-names>J.F</given-names></string-name></person-group>., <year>1977</year>, <source><italic>The geological evolution of South Africa</italic></source>, <publisher-name>Purnell and Sons (SA) Pty. Ltd</publisher-name>, <publisher-loc>Cape Town, South Africa</publisher-loc>, <comment>218pp</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0035"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Deventer</surname>, <given-names>H</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Cho</surname>, <given-names>M.A</given-names></string-name></person-group>., <year>2014</year>, &#x2018;<article-title>Assessing leaf spectral properties of <italic>Phragmites australis</italic> impacted by acid mine drainage</article-title>&#x2019;, <source><italic>South African Journal of Science</italic></source>, <volume>110</volume>(<issue>7/8</issue>): <fpage>71</fpage>&#x2013;<lpage>82</lpage>. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.1590/sajs.2014/20130184">http://dx.doi.org/10.1590/sajs.2014/20130184</ext-link></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0036"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Eeden</surname>, <given-names>E</given-names></string-name>., <string-name><surname>Lieferink</surname>, <given-names>M</given-names></string-name>., <string-name><surname>Durand</surname>, <given-names>J.F</given-names></string-name></person-group>., <year>2009</year>, &#x2018;<article-title>Legal issues concerning mine closure and social responsibility on the West Rand</article-title>&#x2019;, <comment>TD</comment>: <source><italic>The Journal for Interdisciplinary Research in Southern Africa</italic></source> <volume>5</volume>(<issue>1</issue>), <fpage>51</fpage>&#x2013;<lpage>71</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0037"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Staden</surname>, <given-names>S</given-names></string-name></person-group>., <year>2003</year>, &#x2018;<chapter-title>The use of habitat assessments and biological indices to manage stream fisheries in the Kromdraai Conservancy</chapter-title>&#x2019;, <publisher-name>unpublished M.Sc. dissertation</publisher-name>, <publisher-loc>University of Johannesburg</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0038"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Venter</surname>, <given-names>A.J.A</given-names></string-name></person-group>., <year>1995</year>, &#x2018;<chapter-title>Assessment of the effects of gold-mine effluent on the natural aquatic environment</chapter-title>&#x2019;, <comment>Ph.D. thesis</comment>, <publisher-name>Rand Afrikaans University</publisher-name>, <publisher-loc>Johannesburg</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0039"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Viljoen</surname>, <given-names>M.J</given-names></string-name>., <string-name><surname>Reimold</surname>, <given-names>W.U</given-names></string-name></person-group>., <year>2002</year>, &#x2018;<chapter-title>An introduction to South Africa&#x2019;s geological and mining heritage</chapter-title>&#x2019;, <publisher-name>Geological Society</publisher-name> &#x0026; <publisher-loc>Mintek</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0040"><mixed-citation publication-type="conference"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Warwick</surname>, <given-names>D.W</given-names></string-name>., <string-name><surname>Brackley</surname>, <given-names>I.J</given-names></string-name>., <string-name><surname>Connelly</surname>, <given-names>R.J</given-names></string-name>., <string-name><surname>Campbell</surname>, <given-names>G</given-names></string-name></person-group>., <year>1987</year>, &#x2018;<article-title>The dewatering of dolomite by deep mining in the West Rand, South Africa</article-title>, in <source><italic>Proceedings of the 2nd Conference on Sinkholes and Environmental Impacts of Karst, Beck, Wilson, Orlando, USA</italic></source>, pp. <fpage>349</fpage>&#x2013;<lpage>358</lpage>.</mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this article:</bold> Durand, F., 2016, &#x2018;Die impak van suur mynwater op die ekologie van die Wieg van die Mensdom en die Krugersdorp-Wildreservaat aan die Wes-Rand&#x2019;, <italic>Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie</italic> 35(1), a1367. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v35i1.1367">http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v35i1.1367</ext-link></p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>