<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="research-article" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">SATNT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0254-3486</issn>
<issn pub-type="epub">2222-4173</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">SATNT-35-1304</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/satnt.v35i1.1304</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Oorspronklike Navorsing</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Van implementering tot verwesentliking: Aanwending van resultate van internasionaal vergelykende studies</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<name>
<surname>van Staden</surname>
<given-names>Surette</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Science, Mathematics and Technology Education, University of Pretoria, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author and email:</bold> Surette van Staden, <email xlink:href="surette.vanstaden@up.ac.za">surette.vanstaden@up.ac.za</email></corresp>
<fn><p><bold>How to cite this article:</bold> Van Staden, S., 2016, &#x2018;Van implementering tot verwesentliking: Aanwending van resultate van internasionaal vergelykende studies&#x2019;, <italic>Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie</italic> 35(1), Art. &#x0023;1304, 6 pages. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v35i1.1304">http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v35i1.1304</ext-link></p></fn>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>11</day><month>02</month><year>2016</year></pub-date>
<pub-date pub-type="ppub"><year>2016</year></pub-date>
<volume>35</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>1304</elocation-id>
<history>
<date date-type="received"><day>17</day><month>04</month><year>2015</year></date>
<date date-type="accepted"><day>29</day><month>09</month><year>2015</year></date>
</history>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2016. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2016</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
<abstract>
<title>Abstrait</title>
<p>Die prestasies van Suid-Afrikaanse leerders in internasionaal vergelykende studies bly voortdurend swak, wat vrae laat ontstaan oor die kwaliteit van onderwys wat aan Suid-Afrikaanse kinders gebied word in die verskillende grade en fases van formele skoolonderrig. Ernstige kommer oor leerders se swak prestasies oorheers navorsing en opvoedkundige debatte in Suid-Afrika. Ondanks goeie oogmerke, soos die hersiening van beleid en leerplanne, en die fokus op implementering, deur middel van kurrikul&#x00EA;re voorsiening en ondersteuning aan onderwysers, bly die verwesentliking in terme van leerders se prestasie teleurstellend swak. Hierdie studie ondersoek data verkry uit die preProgress in International Reading Literacy Study (prePIRLS) van 2011. Die prestasie van Suid-Afrikaanse Graad 4-leerders is op &#x2019;n punt van 461 bereken, wat beduidend laer is as die internasionale gemiddeld van 500 (SE = 3.7). Resultate van die prePIRLS 2011-studie word gebruik as bewys van die bereiking van kurrikul&#x00EA;re doelwitte op die Graad 4-vlak, oor die spektrum van 11 Suid-Afrikaanse landstale. Norme of maatstawwe, soos afgelei uit die resultate, word verder ondersoek om moontlike verbeteringe aan te wys in die implementering van leerplanne in die klaskamer. Gevolgtrekkings sluit voorstelle in oor hoe onderwyspraktyk voordeel kan trek uit die bevindings van internasionaal vergelykende studies.</p>
</abstract>
<trans-abstract xml:lang="en">
<title>Abstract</title>
<p><bold>Bridging the gap from implementation to attainment: Utilising results from international comparative studies.</bold> South African learner performance in international comparative studies remains persistently poor, resulting in questions about the quality of education offered to South African children across grades and phases of formal schooling. In South Africa, grave concerns with regard to low levels of learner achievement pervade research initiatives and educational debates. Despite good intentions (such as policy and curricular reforms) and focus on implementation (such as curriculum provision and teacher support), attainment (in the form of learner achievement) remain disappointingly low. This study draws on the preProgress in International Reading Literacy Study (prePIRLS) 2011 data, which places South African Grade 4 learners&#x2019; results at 461, which is substantially below the international centre point of 500 (SE = 3.7). Results from the prePIRLS 2011 study are used as evidence of curricular attainment that has taken place at Grade 4 level across a spectrum of 11 languages in South Africa. Benchmark results are further interrogated to provide evidence for possible improvement of curricular implementation at classroom level. Concluding remarks include reflections of how teacher practice can benefit from evidence provided by international comparative studies.</p>
</trans-abstract>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Inleiding</title>
<p>Die bemeestering van leesbegrip is &#x2019;n universeel aanvaarbare uitkoms van prim&#x00EA;re onderwys, aangesien leesbegrip die basis vorm van meeste leerprosesse wat in die sekond&#x00EA;re skool plaasvind (Sporer, Brunstein &#x0026; Kieschke <xref ref-type="bibr" rid="CIT0014">2009</xref>). Ernstige kommer oor die swak gehalte van leerderprestasies oorheers navorsing en opvoedkundige debatte in Suid-Afrika. Nieteenstaande goeie doelwitte (soos beleids- en leerplanhersiening) en die fokus op implementering (soos leerplanvoorsiening en ondersteuning aan onderwysers), bly die verwesentliking (in terme van leerderprestasie) teleurstellend swak. Ondanks nasionale pogings is gevind dat Suid-Afrikaanse leerders sekere grade herhaaldelik nie slaag nie, of die skool verlaat, &#x2019;n tendens wat deur Taylor, Fleisch en Shindler (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2008</xref>) gerapporteer word in hul verslag oor onderwyshervorming in Suid-Afrika sedert 1994. Die feit dat bykans die helfte van leerders uitsak, is aan gebrekkige leervaardighede, en meer spesifiek die gebrek aan voldoende taalvaardighede toe te skryf.</p>
<p>Die swak prestasie van Suid-Afrikaanse leerders in leesgeletterdheid is reeds in 2006 bewys deur die resultate van die Progress in Reading Literacy Study (PIRLS). PIRLS word in vyfjaarlikse siklusse uitgevoer en dien as &#x2019;n internasionaal vergelykende studie in leesgeletterdheid. Die opname vereis die assessering van leerders wat 4 jaar se skoling voltooi het (Mullis <italic>et al</italic>. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">2007</xref>). In die meeste lande het hierdie vereiste betrekking op Graad 4-leerders. PIRLS word bestuur deur die International Association for the Evaluation of Educational Achievement (IEA). Die IEA onderneem internasionale studies wat norme vasstel vir die prestasie van skoolgaande kinders in wiskunde, natuurwetenskap, burgerlike opvoeding (<italic>&#x2018;civic education&#x2019;</italic>), inligting, kommunikasie, tegnologie en leesvaardigheid. Die doel van PIRLS 2011 is om tendense te bepaal en internasionale vergelykings te tref ten opsigte van die leesgeletterdheid van Graad 4-leerders. Daar word ook gefokus op leerders se bekwaamhede in verhouding tot doelstellings en standaarde vir leesonderrig; die invloed van die tuisomgewing en hoe ouers leesgeletterdheid bevorder; die organisasie, tyd en beskikbaarheid van leesmateriaal in skole om te leer lees; asook kurrikulum- en klaskamerbenaderings tot leesinstruksie (Mullis <italic>et al</italic>. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2004</xref>).</p>
<p>Suid-Afrika het die eerste keer aan die PIRLS-opname deelgeneem tydens die 2006-siklus. Die Suid-Afrikaanse studie het &#x2019;n eerste populasie van Graad 4-leerders geassesseer, maar ook &#x2019;n tweede populasie van Graad 5-leerders as &#x2019;n nasionale opsie ingesluit (Howie <italic>et al</italic>. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">2009</xref>). Die Suid-Afrikaanse Graad 5-leerders het die laagste puntetelling, naamlik 302 (SE = 5.6), behaal van die 45 deelnemende opvoedkundige stelsels. Graad 4-leerders het gemiddeld 253 punte behaal (SE = 4.6). Die gemiddelde prestasie van hierdie twee grade was ver onder die vasgestelde internasionale gemiddeld van 500 punte.</p>
<p>Vir die doel van die PIRLS 2011-opname het die Suid-Afrikaanse studie &#x2019;n Graad 5-populasie geassesseer ten einde tendense vanaf PIRLS 2006 tot PIRLS 2011 te bepaal. Maar ten einde Graad 4-leerders te assesseer, het Suid-Afrika besluit om aan die preProgress in International Reading Literacy Study (prePIRLS) 2011 deel te neem. Mullis <italic>et al</italic>. (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2012</xref>) beskryf die prePIRLS 2011-opname as &#x2019;n minder moeilike variasie van PIRLS, wat ontwikkelende lande in staat stel om kinders se leesvaardigheid te bepaal deur die gebruik van korter, eenvoudiger tekste, met makliker woordeskat en grammatika, en minder klem op ho&#x00EB;rorde-leesvaardighede. PrePIRLS is ontwerp om basiese leesvermo&#x00EB; te toets, wat &#x2019;n voorvereiste is vir sukses in PIRLS (Mullis <italic>et al</italic>. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2012</xref>). Dit is om hierdie rede dat prePIRLS gebruik is om Suid-Afrikaanse Graad 4-leerders in 2011 oor die spektrum van die 11 amptelike tale te assesseer.</p>
<p>Resultate wat behaal is in die prePIRLS-opname van 2011 dui op volgehoue onderprestasie deur Suid-Afrikaanse leerders, met min aanduiding van verbeterde leesgeletterdheid, ondanks die eenvoudiger vlak van assessering. Suid-Afrikaanse Graad 4-leerders het die laagste punte in leesvaardigheid behaal, naamlik 461, in verhouding tot die internasionale skaalpunt van 500 (SE = 3.7), asook vergeleke met 463 (SE = 3.5) behaal deur leerders van Botswana, en 576 (SE = 3.4) behaal deur leerders van Colombia (Mullis <italic>et al</italic>. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2012</xref>).</p>
<p>Resultate van prePIRLS 2011 kan in konteks gesien word teen die raamwerk van &#x2019;n voorgenome, ge&#x00EF;mplementeerde en verworwe kurrikulum. Hierdie driedelige leerplanmodel beskryf die aard van PIRLS 2011 en is &#x2019;n model wat deur ander internasionaal vergelykende studies soortgelyk aan PIRLS gevolg word, soos die Trends in Maths and Science Study (TIMSS). Volgens Shorrocks-Taylor en Jenkins (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">2001</xref>) bewys die drieledige model van die IEA-kurrikulum die volgende:</p>
<list list-type="bullet">
<list-item><p>Wat die gemeenskap verwag van die onderwyssisteem (die voorgenome kurrikulum).</p></list-item>
<list-item><p>Die onderrig wat wel plaasvind (die ge&#x00EF;mplementeerde kurrikulum).</p></list-item>
<list-item><p>Wat inderdaad geleer word (die verworwe kurrikulum).</p></list-item>
</list>
<p>Reinikainen (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2007</xref>) verwys na die fokus van die kurrikulum as &#x2019;n bre&#x00EB; verduidelikende faktor onderliggend aan leerderprestasie. <xref ref-type="fig" rid="F0001">Figuur 1</xref> illustreer hierdie manifestasies van die kurrikulum.</p>
<fig id="F0001">
<label>FIGUUR 1</label>
<caption><p>Konseptuele raamwerk vir internasionaal vergelykende studies.</p></caption>
<graphic xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xlink:href="SATNT-35-1304-g001.tif"/>
</fig>
<p>Die beweegrede vir &#x2019;n land soos Suid-Afrika se deelname aan internasionaal vergelykende studies soos PIRLS moet nie gesien word as &#x2019;n oefening om die land se posisie te bepaal ten opsigte van &#x2019;n groot aantal ander lande nie. Die IEA se konseptuele raamwerk vir kurrikul&#x00EA;re fokus, en die verskille tussen voorgenome, ge&#x00EF;mplementeerde en verworwe leerplanne, moet beskou word as die dryfveer agter deelname, daaropvolgende resultate en die interpretasie daarvan (Howie &#x0026; Venter, <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2012</xref>).</p>
</sec>
<sec id="s0002">
<title>Navorsingsvrae</title>
<p>Na aanleiding van Suid-Afrikaanse Graad 4-leerders se swak prestasie in die prePIRLS 2011-opname van leesgeletterdheid, word die volgende vrae gevra vir die doel van hierdie ondersoek:</p>
<list list-type="bullet">
<list-item><p>Watter bewys lewer hierdie swak prestasie van leerders se vermo&#x00EB;, sodat daar verbetering kan wees in kurrikul&#x00EA;re implementering in die klaskamer?</p></list-item>
<list-item><p>Hoe kan onderwyspraktyk baat vind by die bevindings van internasionaal vergelykende studies?</p></list-item>
</list>
<p>Hierdie vrae fokus op die kurrikulum soos gekonseptualiseer deur die IEA se raamwerk vir internasionaal vergelykende studies. Die argument is dat, hoewel die beoogde of voorgenome kurrikulum (soos bewys deur kurrikulumdokumente wat deur die Suid-Afrikaanse onderwyssisteem gebruik word) wel in plek en goed ontwikkel is, die implementering daarvan en gevolglike bereiking van doelwitte steeds problematies is en verdere ondersoek regverdig.</p>
</sec>
<sec id="s0003">
<title>Metode</title>
<sec id="s20004">
<title>Deelnemers</title>
<p>&#x2019;n Nasionaal verteenwoordigende steekproef van 15 744 Graad 4-leerders uit 342 skole het in 2011 aan die prePIRLS-studie in Suid-Afrika deelgeneem. Die steekproef het bestaan uit 7548 dogters en 8196 seuns. Leerders uit al 11 taalgroepe is geassesseer in die taal van leer en onderrig waaraan hulle tydens die Grondslagfase blootgestel is. Dit het beteken dat leerders nie noodwendig getoets is in hul huistaal nie, maar eerder in die taal waaraan hulle op skool blootgestel is. Die stratifikasie op grond van taal was soos volg: 1463 Afrikaanse leerders, 2205 Engelse leerders, 1393 isiNdebele-leerders, 1090 isiXhosa- leerders, 1209 isiZulu-leerders, 1099 Sepedi-leerders, 1431 Sesotho-leerders, 1293 Setswana-leerders, 2186 SiSwati- leerders, 1187 Tshivenda-leerders en 1188 Xitsonga-leerders.</p>
</sec>
<sec id="s20005">
<title>Instrumente vir data-insameling</title>
<sec id="s30006">
<title>Prestasietoetse</title>
<p>Die prePIRLS 2011-assessering het bestaan uit &#x2019;n leesgetterdheidstoets in die vorm van twee tipes tekste, naamlik lees vir die liter&#x00EA;re ervaring (liter&#x00EA;re tekste) en lees om inligting te verkry en te gebruik (inligtingstekste). Leestekste is gevolg deur &#x2019;n reeks veelvuldigekeuse- en oopresponsvrae waarvoor &#x2018;n maksimum van twee punte toegeken kon word. Die resultate van leesprestasie in die prePIRLS 2011- opname is gerapporteer in terme van prestasie bo of onder die vasgestelde internasionale skaalpunt van 500, deur gebruik te maak van vyf algeheel aanvaarbare waardes, soos afgelei uit itemrespons-analises.</p>
</sec>
<sec id="s30007">
<title>Prosedure</title>
<p>Die International Association for the Evaluation of Educational Achievement (IEA) het die Internasionale Databasis-Ontleder-sagteware (IDB Analyser) beskikbaar gestel vir die ontleding van die PIRLS en prePIRLS-datastelle (IEA 2012). Hierdie sagteware is gebruik vir die ontleding van data in die huidige ondersoek. Die prePIRLS 2011-puntetellings voorsien inligting oor leerders se prestasie in die lees van &#x2019;n verskeidenheid liter&#x00EA;re en inligtingstekste (Mullis <italic>et al</italic>. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2012</xref>). Ten opsigte van elkeen van die tekste het leerders vrae beantwoord wat &#x2019;n reeks begripsvaardighede meet: van herwinning tot afleiding, integrasie en evaluasie. Prestasie word gerapporteer ten opsigte van vier punte op &#x2019;n skaal van internasionale norme en sluit die Gevorderde Internasionale Norm (&#x2018;<italic>Advanced International Benchmark&#x2019;</italic>) in met &#x2019;n punt van 625, die Ho&#x00EB; Internasionale Norm (&#x2018;<italic>High International Benchmark&#x2019;</italic>) met &#x2019;n prestasie van 550 punte, die Intermedi&#x00EA;re Internasionale Norm (&#x2018;<italic>Intermediate International Benchmark</italic>&#x2019;) op 475 punte en die Lae Internasionale Norm (&#x2018;<italic>Low International Benchmark</italic>&#x2019;) met &#x2019;n prestasie van 400 punte. Die Lae Internasionale Norm verteenwoordig vaardigheid op &#x2019;n basiese leesvlak.</p>
</sec>
</sec>
</sec>
<sec id="s0008">
<title>Resultate</title>
<p>Bykomend tot die prePIRLS 2011 se algemene resultate, is die prePIRLS 2011-resultate ook onderverdeel ten opsigte van norms op &#x2019;n vierpuntskaal. Die vierpuntskaal maak voorsiening vir die beskrywing van resultate in terme van die Lae Internasionale Norm, die Intermedi&#x00EA;re Internasionale Norm, die Ho&#x00EB; Internasionale Norm en die Gevorderde Internasionale Norm. Leerders wat presteer het op die Lae Internasionale Norm het 400 punte behaal, terwyl leerders wat op die Intermedi&#x00EA;re Internasionale Norm presteer het, 475 punte kon behaal. Die Ho&#x00EB; Internasionale Norm word gebruik om leerders se prestasies te beskryf wat 550 punte kon behaal, en die Gevorderde Internasionale Norm beskryf leerders wat 625 punte kon behaal. Volgens Mullis <italic>et al</italic>. (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2012</xref>) is &#x2019;n gedetailleerde steunskaal-analise (&#x2018;<italic>scale anchoring analysis</italic>&#x2019;) gedoen om leesprestasie ten opsigte van hierdie norme te beskryf.</p>
<p>&#x2019;n Ontleding van die Suid-Afrikaanse prePIRLS 2011-resultate toon &#x2019;n ernstige onderprestasie van Graad 4-leerders ten opsigte van die internasionale norm. <xref ref-type="fig" rid="F0002">Figuur 2</xref> illustreer Suid-Afrikaanse Graad 4-leerders se algehele prestasie teenoor die internasionale norme van prePIRLS 2011.<xref ref-type="fn" rid="FN0001"><sup>1</sup></xref></p>
<fig id="F0002">
<label>FIGUUR 2</label>
<caption><p>PrePIRLS 2011 se standaardresultate vir Suid-Afrikaanse Graad 4-leerders.</p></caption>
<graphic xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xlink:href="SATNT-35-1304-g002.tif"/>
</fig>
<p><xref ref-type="fig" rid="F0002">Figuur 2</xref> dui aan dat 71&#x0025; van Suid-Afrikaanse Graad 4- leerders die Lae Internasionale Norm bereik het (Howie <italic>et al</italic>. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2012</xref>). Vaardigheid op hierdie vlak beteken dat Suid-Afrikaanse Graad 4-leerders, soos getoets in al 11 amptelike tale, meesal die vermo&#x00EB; het om eksplisiete detail in &#x2019;n liter&#x00EA;re teks op te spoor en te herwin, en om eksplisiete inligting aan die begin van &#x2019;n informatiewe teks te kan opspoor en weer te gee (Mullis <italic>et al</italic>. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2012</xref>). Op hierdie vlak is die meeste Suid-Afrikaanse Graad 4-leerders nie in staat om eenvoudige afleidings te maak nie, of om idees en bewyse oor die teks heen te integreer nie, en ook nie om gebeure te interpreteer nie, of om teksgebaseerde redes, motiverings of gevoelens te verskaf nie. Onderprestasie in leesgeletterdheid lei tot onbekwame lesers wat beperk is in hul metakognitiewe kennis van lees.</p>
<p><xref ref-type="fig" rid="F0003">Figuur 3</xref> dui die persentasie per norm aan uit die moontlike totaal van 71&#x0025; van Graad 4-leerders wat wel die Lae Internasionale Norm kon behaal.</p>
<fig id="F0003">
<label>FIGUUR 3</label>
<caption><p>PrePIRLS 2011 se norm-standaardresultate vanuit die totaal leerders wat die Lae Internasionale Norm kon behaal.</p></caption>
<graphic xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xlink:href="SATNT-35-1304-g003.tif"/>
</fig>
<p><xref ref-type="fig" rid="F0003">Figuur 3</xref> dui aan dat &#x2019;n meerderheid van 30&#x0025; uit &#x2019;n totaal van 71&#x0025; van Suid-Afrikaanse Graad 4-leerders slegs die Lae Internasionale Norm bereik het. <xref ref-type="fig" rid="F0003">Figuur 3</xref> dui ook aan dat 23&#x0025; Graad 4-leerders die Intermedi&#x00EA;re Internasionale Norm bereik het. Op hierdie norm was leerders in staat om te bewys dat hulle eenvoudige afleidings kan maak, ooglopende oorsake en redes kan interpreteer en begin om taalverskynsels te herken wanneer hulle fiksie lees (ook bekend as liter&#x00EA;re tekste in die konteks van prePIRLS 2011). Hierdie leerders kon twee tot drie brokkies inligting opspoor en reproduseer, asook subhoofde, tekskassies en illustrasies gebruik om dele van die teks op te spoor wanneer hulle feitelike tekste lees (oftewel inligtingstekste in die konteks van prePIRLS 2011). Alhoewel dit bemoedigend is dat leerders tekens van basiese vaardighede op die intermedi&#x00EA;re norm toon, beteken dit steeds dat hulle waarskynlik lesers met beperkte leesbegrip is. Volgens Mokhtari en Reichard (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2002</xref>) is onervare lesers geneig om hul eie begrip en geheue slegs in &#x2019;n beperkte mate te monitor, en benader hulle lees as &#x2019;n ontsyferingsproses eerder as &#x2019;n betekenisvormende proses. Onervare lesers is geneig om nie teenstrydighede in &#x2019;n teks op te merk nie; hulle sukkel om inkonsekwensies op te los en te verstaan; hulle oefen min beheer uit op die leesproses en besef dikwels ni&#x00E9; dat hulle nie verstaan wat hulle lees nie (Mokhtari &#x0026; Reichard <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2002</xref>).</p>
<p>Dit is kommerwekkend dat 29&#x0025; Suid-Afrikaanse Graad 4-leerders nie die Lae Internasionale Norm in die prePIRLS 2011-opname bereik het nie, wat beteken dat hulle nie eens bewys kan toon dat hulle oor basiese leesvaardighede beskik nie.</p>
<p>Die waarde van norms vir kurrikul&#x00EA;re implementering op klaskamervlak, is dat dit ongetwyfeld dui op probleme om leerders letterlike begrip te laat bemeester in die Grondslagfase van die onderwyssisteem, ongeag die taal van instruksie. Die internasionale standaardmediane wys dat dit moontlik is vir Graad 4-leerders om ho&#x00EB;rorde-begrip in hierdie ontwikkelingsfase te verwerf. Onderwysers in die Suid-Afrikaanse sisteem, wat nie bewus is van die ontwikkelingsvaardighede van leerders nie, gee nie erkenning hieraan nie (Zimmerman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">2011</xref>). Die normprofiele toon aan die Suid-Afrikaanse onderwyssisteem, en spesifiek aan onderwysers, dat leerders nie besig is om leesbegrip of die ontwikkeling van ho&#x00EB;rorde-leesbegrip te bemeester wat vir verdere akademiese prestasie in die skoolsisteem vereis word nie.</p>
<p>Afhangende van die onderrigmedium van elke skool, word leesvaardighede in Suid-Afrikaanse skole gedurende die Grondslagfase ontwikkel deur gebruik te maak van basiese leesboekies in &#x2019;n moedertaal (Pretorius <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2002</xref>). Vaardighede in ontsyfering of dekodering word baie beklemtoon, maar dit word dikwels buite konteks, op &#x2019;n oppervlakkige, lukraak manier gedoen. Leerders lees soms lyste lettergrepe of woorde hardop vanaf &#x2019;n swartbord. Onderwysers hou ook daarvan dat leerders klanke en woorde in &#x2019;n koor saamsing, en daar is min kontrole oor daardie leerders wat nie die regte woorde of frases sing nie. Aangesien onderwysers aanneem dat, wanneer leerders kan dekodeer, hulle ook kan verstaan, word min aandag gegee aan leesbegrip; derhalwe word die oorgang van die dekodering van lettergrepe of woorde op &#x2019;n swartbord na betekenisvolle leesaktiwiteite, en die gebruik van uitgebreide tekste, nie geredelik gemaak nie (Pretorius &#x0026; Currin <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">2010</xref>).</p>
<p>In die Intermedi&#x00EA;re Fase word aangeneem dat leerders se leesvaardigheid, as deel van taal- en inligtingprosessering, reeds ontwikkel is, aangesien hulle teks kan dekodeer. Tekste verander ook van oorwegend narratiewe formate in &#x2019;n eerste taal na Engelse verduidelikende tekste, oor onderwerpe en aangeleenthede waarmee leerders nie noodwendig bekend is nie (Departement van Onderwys <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2002</xref>). Omdat die fokus geplaas word op die dekodering van teks in die prim&#x00EA;re taal, beteken dit dat nie-Engelssprekende leerders waarskynlik nog nie vaardighede in leesbegrip in hul moedertaal bemeester het nie. Gevolglik ontbreek dit by hierdie leerders aan die nodige vermo&#x00EB;ns om oor te skakel na geletterde lees in Engels. Die sisteem waardeur hierdie leerders vorder, plaas nie genoeg klem op die bevordering van leesvaardighede nie en word hoofsaaklik gekenmerk deur die beginsels van papegaaiwerk, woordelikse terugroeping en mondelinge wyses van inligtingsoordrag (Pretorius <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2002</xref>). Die fokus op dekodering van teks in die Grondslagfase kan moontlik tot gevolg h&#x00EA; dat selfs eerstetaal-leerders nie genoegsame begripsvermo&#x00EB;ns het wanneer hulle verdere vlakke van prim&#x00EA;re onderwys betree nie.</p>
<p>Die houdings en opvattings van onderwysers betreffende hul eie klaskamers, hul klaskamerpraktyk en leerderprestasies, is dikwels die gevolg daarvan dat hulle hulself net binne hul eie skool en met naburige onderwysers vergelyk. Onsekerheid oor aktiwiteite en die vlak waarop dit moet plaasvind, word dikwels slegs bemiddel deur kurrikul&#x00EA;re verwagtings en die pas waarteen werk in die bepaalde skool geskied, soos voorgeskryf deur kollegas en die skoolbestuur. Die waarde van die resultate van PIRLS 2006, PIRLS 2011 en prePIRLS 2011 kan bes moontlik daarin l&#x00EA; om leesmateriaal en vraagitems komende uit die studie aan onderwysers beskikbaar te stel. Sodoende kan hulle bewus word van die begripsprosesse wat deur die studie gehanteer word en kan dit dien as riglyn om leesmateriaal vir die klaskamer te ontwikkel, in ooreenstemming met &#x2019;n bestaande internasionale raamwerk. Die voorsiening van vrygestelde uittreksels aan onderwysers om te dien as voorbeeld van die verwagte vlak vir Graad 4, soos gemeet aan internasionale norme, kan aanleiding gee tot &#x2019;n meer ingeligte begrip van waartoe leerders in hierdie stadium van ontwikkeling in staat is.</p>
<p>Die PIRLS-opnames het &#x2019;n onweerlegbare impak op makrovlak-beleid. Onder meer het die PIRLS 2006- resultate &#x2019;n invloed uitgeoefen op die onderwyssisteem in terme van die &#x2018;Drop All and Read&#x2019;-veldtog. Hierdie projek is in 2008 geloods om Graad R- en Graad 1- leerders tot die onderwys te verwelkom met sakke waarin daar &#x2019;n versameling boeke was wat die kinders self kon lees, of waaruit ouers of versorgers vir hulle kon voorlees (Howie &#x0026; Venter <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2012</xref>). Daarbenewens is die Foundations for Learning&#x2019;veldtog in 2010 ingestel as &#x2019;n 4 jaar lange inisiatief om die lees-, skryf- en syfervaardighede van kinders te verbeter. Hierdie veldtog het aan onderwysers en skole duidelike riglyne oor die verwagte vlakke van prestasie verskaf en het op die grondslag- en intermedi&#x00EA;re fases van prim&#x00EA;re onderwys gefokus, om sodoende &#x2019;n deeglike basis te vorm waarop verdere leer kan bou.</p>
<p>Terugvoer van internasionale toets- en assesseringsprogramme aan onderwysers is nog in sy kinderskoene en word in Suid-Afrika nie ten volle benut nie. Hoewel daar geredeneer kan word dat onderwysers bewus is van assesseringsresultate sodra dit openbaar gemaak word, is die terugvoer rakende verbeterde implementering wat hieruit voortvloei, nog min. In hierdie verband is terugvoer oor die bereiking van doelwitte en implementering noodsaaklik om te verhoed dat leemtes al groter word soos wat die kurrikulum manifesteer in terme van voorneme, implementering en doelwitte of verwerwing.</p>
<p>Die waarde van resultate, uit internasionaal vergelykende studies verkry, kan verhoog word indien onderwysers die inligting wat deur hierdie studies gegenereer word in hul kurrikul&#x00EA;re implementering op klaskamervlak gebruik. Derhalwe kan die beskikbaarstelling van vrygestelde items en verduidelikende memorandums onderwysers help om begripsprosesse waaraan leerders blootgestel behoort te word te verstaan. Die blootstelling aan vlakke van leesbegripontwikkeling in die vorm van internasionale normbeskrywings, sowel as beskikbaar gestelde toetsitem-leesstukke en voorbeelde van leerderresponse geassosieer met hierdie items, kan moontlik op sigself waardevolle insig ten opsigte van begripsprosesse en ontwikkelingsvereistes aan onderwysers verskaf.</p>
</sec>
<sec id="s0009">
<title>Gevolgtrekking</title>
<p>Die doel van hierdie studie was om Suid-Afrikaanse leerders se leesprestasie te illustreer teenoor &#x2018;n konseptuele model van die kurrikulum, soos dit manifesteer in aspekte van &#x2019;n beoogde kurrikulum (soos bewys deur beleid- en kurrikulumdokumente), &#x2019;n ge&#x00EF;mplementeerde kurrikulum (soos bewys deur klaskamerpraktyk), en &#x2019;n verworwe of bereikte kurrikulum (soos blyk uit leerders se prestasies). Oor die algemeen dui die uitslae van prePIRLS 2011 op swak verwerwing van leesgeletterdheid van Graad 4-leerders. Aangesien Suid-Afrika se volgehoue swak prestasie in internasionale assesseringsprogramme kommerwekkend is, moet die fokus en waarde van hierdie bevindings nie slegs beskou word in terme van doelbereiking nie. Terugvoer aan onderwysers is van kardinale belang, aangesien verandering in onderrigpraktyk slegs ge&#x00EF;mplementeer kan word wanneer empiriese bewyse gegee kan word van wat effektiewe onderrigpraktyk is.</p>
<p>In hierdie studie is gepoog om volledige inligting te gee van wat die norm is rakende verwerwing van spesifieke vaardighede wat Graad 4-leerders tydens leesbegrip-oefeninge toon. Internasionale norme verklaar die spesifieke vaardighede gekoppel aan die vier vlakke en illustreer wat moontlik behoort te wees vir Graad 4-leerders in die verwerwing van ho&#x00EB;rorde-begripsvermo&#x00EB;ns op hierdie ontwikkelingsvlak. Daarbenewens het die normprofiele aan die Suid-Afrikaanse sisteem en aan onderwysers getoon dat leerders nie besig is om die leesbegrip of die ontwikkeling van ho&#x00EB;rorde-leesbegrip te bemeester wat vereis word vir verdere akademiese prestasie in die skoolsisteem nie.</p>
<p>Die kritieke punt rakende swak leerderprestasie is nie die swak prestasie op sigself nie, maar wat daaraan gedoen moet word om verbetering teweeg te bring in &#x2019;n stelsel waarin baie onderwysers nie oor die vermo&#x00EB; beskik om die verbetering van lees die fokuspunt van hul klaskamerpraktyk te maak nie. Terwyl internasionale assesseringsresultate, soos prePIRLS 2011, &#x2019;n duidelike waarskuwing is betreffende Suid-Afrikaanse leerders se swak prestasie, blyk dit dat assessering gefaal het as &#x2019;n integrale deel van die leerproses, veral omdat assesseringsresultate &#x2019;n bydrae kon lewer om inligting en ondersteuning aan onderwysers en leerders in nood te gee. Assessering behoort aan te toon watter sistemiese faktore verander of aangepas moet word, of behoort as hefboom te dien om verbetering in kurrikul&#x00EA;re implementering te verseker. Indien dit faal, kan assessering as agent van verbeterde implementering van leerplanne waardeloos word om terugvoer te gee oor die betekenisvolle faktore wat &#x2019;n invloed het tuis, in klaskamers en in skole landswyd.</p>
</sec>
</body>
<back>
<ack>
<title>Erkenning</title>
<sec id="s20010">
<title>Mededingende belange</title>
<p>Die outeur verklaar dat sy geen finansi&#x00EB;le of persoonlike verhouding(s) het wat haar op &#x2019;n positiewe of negatiewe wyse by die skryf van die artikel kon be&#x00EF;nvloed het nie.</p>
</sec>
</ack>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><collab>Departement van Onderwys</collab>, <year>2002</year>, <source>Revised national curriculum statement grades R&#x2013;9 schools, languages, English-home language</source>, <comment>Government Gazette</comment> Vol. <volume>443</volume>, No. <issue>23406</issue>, <publisher-name>DoE</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Howie</surname>, <given-names>S.J</given-names></string-name>., <string-name><surname>Van Staden</surname>, <given-names>S</given-names></string-name>., <string-name><surname>Tshele</surname>, <given-names>M</given-names></string-name>., <string-name><surname>Dowse</surname>, <given-names>C</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Zimmerman</surname>, <given-names>L</given-names></string-name></person-group>., <year>2012</year>, <source>South African children&#x2019;s reading literacy achievement summary report</source>, <publisher-name>Centre for Evaluation and Assessment, University of Pretoria</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Howie</surname>, <given-names>S.J</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Venter</surname>, <given-names>S</given-names></string-name></person-group>., <year>2012</year>, &#x2018;<chapter-title>The impact of PIRLS in South Africa</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>K.</given-names> <surname>Schwippert</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>J.</given-names> <surname>Lenkeit</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source>Progress in reading literacy in national and international context: The impact of PIRLS 2006 in 12 countries</source>, pp. <fpage>211</fpage>&#x2013;<lpage>225</lpage>, <publisher-name>Waxmann</publisher-name>, <publisher-loc>M&#x00FC;nster</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Howie</surname>, <given-names>S.J</given-names></string-name>., <string-name><surname>Venter</surname>, <given-names>E</given-names></string-name>., <string-name><surname>Van Staden</surname>, <given-names>S</given-names></string-name>., <string-name><surname>Zimmerman</surname>, <given-names>L</given-names></string-name>., <string-name><surname>Long</surname>, <given-names>C</given-names></string-name>., <string-name><surname>Scherman</surname>, <given-names>V</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Archer</surname>, <given-names>E</given-names></string-name></person-group>., <year>2009</year>, <source>PIRLS 2006 summary report: South African children&#x2019;s reading literacy achievement</source>, <publisher-name>Centre for Evaluation and Assessment, University of Pretoria</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="web"><collab>International Association for the Evaluation of Educational Achievement PIRLS and prePIRLS 2011 International Data (IEA)</collab>, <year>2012</year>, <comment>viewed n.d., from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://www.iea.nl">http://www.iea.nl</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Mokhtari</surname>, <given-names>K</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Reichard</surname>, <given-names>C.A</given-names></string-name></person-group>., <year>2002</year>, &#x2018;<article-title>Assessing students&#x2019; metacognitive awareness of reading strategies</article-title>&#x2019;, <source>Journal of Educational Psychology</source>, <volume>94</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>249</fpage>&#x2013;<lpage>259</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Mullis</surname>, <given-names>I.V.S</given-names></string-name>., <string-name><surname>Kennedy</surname>, <given-names>A.M</given-names></string-name>., <string-name><surname>Martin</surname>, <given-names>M.O</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Sainsbury</surname>, <given-names>M</given-names></string-name></person-group>., <year>2004</year>, <source>PIRLS 2006 assessment framework and specifications</source>, <publisher-name>TIMSS and PIRLS International Study Center, Boston College</publisher-name>, <publisher-loc>Boston, MA</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Mullis</surname>, <given-names>I.V.S</given-names></string-name>., <string-name><surname>Martin</surname>, <given-names>M.O</given-names></string-name>., <string-name><surname>Foy</surname>, <given-names>P</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Drucker</surname>, <given-names>K.T</given-names></string-name></person-group>., <year>2012</year>, <source>PIRLS 2011 international results in reading</source>. <publisher-name>Boston College</publisher-name>, <publisher-loc>Chestnut Hill, MA</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Mullis</surname>, <given-names>I.V.S</given-names></string-name>., <string-name><surname>Martin</surname>, <given-names>M.O</given-names></string-name>., <string-name><surname>Kennedy</surname>, <given-names>A.M</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Foy</surname>, <given-names>P</given-names></string-name></person-group>., <year>2007</year>, <source>PIRLS 2006 international report: IEA&#x2019;s study of reading literacy achievement in primary schools</source>, <publisher-name>Boston College</publisher-name>, <publisher-loc>Chestnut Hill, MA</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0010"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Pretorius</surname>, <given-names>E.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2002</year>, &#x2018;<article-title>Reading ability and academic achievement in South Africa: Are we fiddling while Rome is burning?</article-title>&#x2019;, <source>Language Matters</source>, <volume>33</volume>, <fpage>169</fpage>&#x2013;<lpage>196</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0011"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Pretorius</surname>, <given-names>E.J</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Currin</surname>, <given-names>S</given-names></string-name></person-group>., <year>2010</year>, &#x2018;<article-title>Do the rich get richer and the poor poorer? The effects of an intervention programme on reading in the home and school language in a high poverty multilingual context</article-title>&#x2019;, <source>International Journal of Educational Development</source> <volume>30</volume>, <fpage>67</fpage>&#x2013;<lpage>76</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0012"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Reinikainen</surname>, <given-names>P</given-names></string-name></person-group>., <year>2007</year>, <source>Sequential explanatory study of factors connected with science achievement in six countries: Finland, England, Hungary, Japan, Latvia and Russia, study based on TIMSS 1999</source>, <publisher-name>University Printing House</publisher-name>, <publisher-loc>Jyvaskyla</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0013"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="editor"><string-name><surname>Shorrocks-Taylor</surname>, <given-names>D</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Jenkins</surname>, <given-names>E.W</given-names></string-name>. (eds.)</person-group>, <year>2001</year>, <source>Learning from others</source>, <publisher-name>Kluwer</publisher-name>, <publisher-loc>Dordrecht</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0014"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Sporer</surname> <given-names>N</given-names></string-name>., <string-name><surname>Brunstein</surname>, <given-names>J.C</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Kieschke</surname>, <given-names>U</given-names></string-name></person-group>., <year>2009</year>, &#x2018;<article-title>Improving students&#x2019; reading comprehension skills: Effects of strategy instruction and reciprocal teaching</article-title>&#x2019;, <source>Learning and Instruction</source>, <volume>19</volume>, <fpage>272</fpage>&#x2013;<lpage>286</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0015"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Taylor</surname>, <given-names>N</given-names></string-name>., <string-name><surname>Fleisch</surname>, <given-names>B</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Shindler</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>2008</year>, <source>Changes in education since 1994</source>, <publisher-loc>The Presidency</publisher-loc>: <publisher-name>Input into the 15 year review process, Pretoria</publisher-name>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0016"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Travers</surname>, <given-names>K.J</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Westbury</surname>, <given-names>I</given-names></string-name></person-group>., <year>1989</year>, &#x2018;<chapter-title>The IEA study of mathematics volume I: Analysis of mathematics curricula</chapter-title>&#x2019;, <publisher-name>Pergamon</publisher-name>, <publisher-loc>New York, NY</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0017"><mixed-citation publication-type="thesis"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Zimmerman</surname>, <given-names>L</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, &#x2018;<article-title>The influence of schooling conditions and teaching practices on curriculum implementation for Grade 4 reading literacy development</article-title>&#x2019;, <comment>PhD thesis</comment>, <publisher-name>Faculty of Education, University of Pretoria</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn id="FN0001"><label>1</label><p>Normskale is kumulatief. Die persentasie leerders wat nie die Lae Internasionale Norm behaal het nie en die leerders wat wel die lae norm behaal het, is gesamentlik 100&#x0025;. Van die 71&#x0025; Suid-Afrikaanse Graad 4-leerders wat die Lae Internasionale Norm behaal het, het 30&#x0025; van leerders slegs die Lae Internasionale Norm bereik, gevolg deur die Intermedi&#x00EA;re Internasionale Norm soos bereik deur 23&#x0025; van leerders, die Ho&#x00EB; Internasionale Norm soos bereik deur 12&#x0025; van leerders en die Gevorderde Internasionale Norm soos bereik deur 6&#x0025; van leerders.</p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>